top of page

Mnr. & Mej. Errie 2022 wenners word aangekondig

Content Supplied

7 June 2022

Dit is vir Hoërskool Ermelo ‘n voorreg om elke geleentheid te gebruik om vir die leerders kosbare herinnering te skep.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Errie raad het aan Hoërskool Ermelo se leerders die geleentheid gebied om in te skryf vir mnr. en mej. Errie 2022 met die tema “From Star to Galaxy.” Nadat onderhoude met elkeen van die inskrywings gedoen is, is 40 finaliste gekies wat op 25 Mei aan die Gala-aand deelgeneem het. Hierdie geleentheid was weereens ‘n glansryke aand en die gehoor het dit terdeë geniet. Elke deelnemer het uitsonderlik vertoon en het dit vir die beoordelaars moeilik gemaak om top-plekke aan te wys. Baie geluk aan elke deelnemer, die organiseerders en beoordelaars met ‘n skitterende aand.

EHS is trots op elkeen wat die verhoog betree het, maar in besonder dié wat plekke behaal het: Mnr./Mej. Persoonlikheid: Inge Greyling, Mnr./Mej. Fotogenies: Gedeon Muteb. Derde plek, junior seuns: Ulric Badenhorst, Derdeplek, junior dogters: Ororiseng Sepitla, Tweede plek, junior seuns: Joshua du Toit, Tweede plek, junior dogters: Mia van Deventer, Junior mnr. Errie: De La Rey Hattingh, Junior mej. Errie: Wianke Cloete, Derdeplek, seniorseuns: Billy van der Walt, Derdeplek, senior dogters: Deidre van der Meyden, Tweedeplek, senior seuns: Lood Geldenhuys, Tweedeplek, seniordogters: Mia Steenkamp, Senior mnr. Errie: Walter van der Walt en Senior mej. Errie: Mienke Cloete. ‘n Besondere woord van dank aan Allison van der Walt wat die deelnemers puik voorberei het, asook vir die Errie Raad-ouers vir al die ondersteuning om hiervan ‘n sukses te maak.

EHS gee graag erkenning aan die borge: Bottomless Blessings, Melissa Beauty Within, Beauty Lounge, Blush Models, Mariska’s Salon, Spur, Butr Deli, Mizpah Beauty Salon, La Silhouette Skincare Aesthetics, Wimpy, Yolandi Beauty Clinic en Wildman, maar in besonder Platteland Aesthetics, Ermelo Dental Care en Jana Strydom Photography wat as hoofborge opgetree het. Dit is vir Hoërskool Ermelo ‘n voorreg om elke geleentheid te gebruik om vir die leerders kosbare herinnering te skep. (EHS)

bottom of page