top of page

MLA bied suksesvolle pretdraf aan

SM HATTINGH

2 November 2021

Tydens die dag is daar ook wyn opgeveil, wat van Simonsvlei af geskenk is vir die dag.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Saterdag, 30 Oktober, het Morgenzon Landbou Akademie (MLA) hul Legend Familie Pretdraf dag aangebied saam met Legend Events. Die dag was bekroon met ‘n 5km of 10km pretdraf, wat ook hindernis bane ingesluit het. Die deelnemers het die dag terdeë geniet. Die hindernisse wat daar was was onder andere, deur modder kruip, onder deur pale seil en vele meer. Die groot aantreking was natuurlik Ferdinand Rabie, of beter bekend as Ferdi van Big Brother. Hy het al die pad van die Kaap af gekom om saam met die personeel van MLA die baan te kom uitlê, en seker gemaak elke deelnemer geniet die pretdraf.

Hy was natuurlik oral te siene gewees, en het met die verskeie roetes die mense gaan inspireer. Voor die wegspring van die prefdraf was daar ook ‘n heerlike “colour festival” gewees, waar mense nie meer soos hulself lyk na al die verkillende kleure poeier wat deur die lug getrek het nie. Daar was verskeie uitstallers, onder andere PanSolutions, Twizza, King Price, Tribune ePaper en Ermelo Toyota.

Tydens die dag is daar ook wyn opgeveil, wat van Simonsvlei af geskenk is vir die dag. Die personeel van Morgenzon Landbou Akademie wil graag vir elke borg, asook elke deelnemer en ondersteuner baie dankie sê vir hul getroue ondersteuning. Mnr. Alex Wehmeyer, hoof van Morgenzon Landbou Akademie, het tydens die dag bevestig dat die dag nie slegs in 2021 sal plaasvind nie, maar van nou af ‘n jaarlikse instelling sal word.

bottom of page