top of page

Maak die harte oop vir Juan

SM HATTINGH

25 May 2021

Op Woensdag, 12 Mei 2021, is sy linkerbeen bo sy knie geamputeer. Die hele prosedure het suksesvol afgeloop, en Jaun is tans in Ermelo.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Jaun Walker (53) ‘n ou bekende in Ermelo, het dringend jou hulp nodig. Hy is werksaam by DJ Motors, waar hy voertuie verkoop. Jaun het tipe twee diabetes, en ‘n bosluis het hom gebyt op sy linker been. Jaun het mooi na die bytplek gekyk, en gehoop dat dit vinnig sal genees, maar die bytplek het glad nie genees nie. Hy het ‘n oggend opgestaan waar sy linker voet en toon begin swart word het, en hy is dadelik Steve Bhiko hospitaal toe. Daar was hy vir ongeveer twee weke waar hulle geensins na hom omgesien het nie. Hy is terug Ermelo toe, waar sy familie hom George Provinsiale Hospitaal toe geneem het vir behandeling, weens die feit dat hy geen medies het nie. Tydens sy aankoms by die hospitaal moes hy en die dokters dadelik ‘n besluit neem oor wat hul gaan doen met sy linkerbeen, want toe het hy reeds gangrene. Op Woensdag, 12 Mei 2021, is sy linkerbeen bo sy knie geamputeer. Die hele prosedure het suksesvol afgeloop, en Jaun is tans in Ermelo. Hy sterk aan saam met sy suster, waar sy na hom omsien. Die familie wil graag ‘n beroep op die gemeenskap doen om hul te help met bydraes om die mediese behandeling te kan doen. Daar is ‘n Trust rekening gestig by PWG Prokureurs. Die bank besonderhede: PWG Prokureurs, Eerste Nasionale Bank, Ermelo, Tak Kode: 270 344, Rekening Nommer: 521 800 48278, Verwysing: W270 - naam en van. Graag wil die familie ook van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir elke oproep, SMS, kospakkie asook die manne wat veranderings aan die huis gedoen het om na Jaun se belange om te gee en die lewe vir hom te vergemaklik.

bottom of page