top of page

LJV skuts presteer in bloedige hitte

GK CRONJE

20 October 2020

Die LJV sien uit om alle skuts, beginner of veterane, te sien by die volgende 3 Gun Shoot, wat op 14 November 2020 sal plaasvind, op die Klipfontein Skietbaan, 15km uit Ermelo op Amersfoort pad, met die afdraai by Familie Hoek.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Laeveld Jagters Vereniging (LJV) Ermelo het onlangs hul staal gewys tydens ‘n prettige skietdag. Alhoewel die hitte drukkend was, het die skuts geskitter met hul prestasies. Die senior skuts het gewys hoe word dit gedoen, met Dawie Nieuwenhuis wat wegstap met eerste plek, Lourens Holtzhausen neem tweede plek in, Ernste Fourie derde plek, Johan Theron neem vierde plek in, en Marius Grobbelaar stap weg met vyfde plek. Die dames afdeling het goed presteer, met Izande Erasmus in eerste plek, en Laetitia van Rooyen in tweede plek. Die veterane het hul spiere gebult, met Pieter Ackermann in eerste plek, Dirk Snyman in tweede plek, en Da Costa Klonaris wat derde plek inneem. Die junior afdeling het nie op hul laat wag nie, en Loutjie Holtzhausen stap weg met eerste plek, en Loutjie Theron wat tweede plek inneem. Op die dag was ook ‘n gelukkige trekking aangebied, met ‘n glimlaggende Laetitia van Rooyen wat die prys ontvang.

Die LJV bied voortaan met elke skietdag ‘n gelukkige trekking aan, en nooi alle belangstellendes uit om die skietdae saam te kom geniet. Skuts wat belang stel hoef noe noodwendig lede van die LJV te wees nie, en kan met ‘n skamele bedrag van slegs R50 deelneem aan die skietkompetisies. Op die dae word eet- en drinkgoed ook te koop beskikbaar gestel, en alle ouderdomsgroepe word hartlik uitgenooi. As u belangstelling toon om die dae te geniet saam met die LJV, kan u gerus vir Santie Rautenbach, LJV Ermelo sekretaresse, kontak by 071 674 8178.

Die LJV sien uit om alle skuts, beginner of veterane, te sien by die volgende 3 Gun Shoot, wat op 14 November 2020 sal plaasvind, op die Klipfontein Skietbaan, 15km uit Ermelo op Amersfoort pad, met die afdraai by Familie Hoek.

bottom of page