top of page

LJV klink die doppies

GK CRONJE

1 December 2020

Die LJV sien uit om alle skuts, beginner of veterane, te sien by die volgende skietdag, wat binnekort aangekondig sal word.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die skuts van die Laeveld Jagters Vereniging (LJV) het hulself gate uit geniet by die onlangse skietdag, waar groot prestasies opgelewer was. Die formaat was 3 Gun, en die ou bulle het gewys dat hulle nog op en top is, met Pieter Ackerman wat met eerste plek wegstap in die veterane afdeling, met Danie Roos in tweede en Costas Klonaris in derde plek. In die senior dames afdeling neem Christelle Aucamp eerste plek in, Letitia van Rooyen tweede en Thelmari Aucamp derde plek in met puik tellings.

Die senior mans het nie op hul laat wag nie, met Rudie Snyman in eerste plek, Riaan Neethling en Riaan Stander wat tweede plek deel, en Hardus Aucamp wat derde plek inneem. Rudie Snyman Jnr neem eerste plek in die junior afdeling, met Pieter de Beer Jnr in tweede plek. In die junior junior afdeling het Reynard de Beer behoorlik sy staal gewys. Thelmari Aucamp stap ook weg as die wenner van die gelukkige trekking. Die LJV nooi alle belangstellendes uit om die skietdae saam te kom geniet. Skuts wat belang stel hoef noe noodwendig lede van die LJV te wees nie, en kan met ‘n skamele bedrag van slegs R50 deelneem aan die skietkompetisies.

Op die dae word eet- en drinkgoed ook te koop beskikbaar gestel, en alle ouderdomsgroepe word hartlik uitgenooi. As u belangstelling toon om die dae te geniet saam met die LJV, kan u gerus vir Santie Rautenbach, LJV Ermelo sekretaresse, kontak by 071 674 8178. Die LJV sien uit om alle skuts, beginner of veterane, te sien by die volgende skietdag, wat binnekort aangekondig sal word.

bottom of page