
Ligbron onderwyseresse wys hul kreatiwiteit
SH HATTINGH
4 Augustus 2020
Die dames het die klas vreeslik baie geniet. Daar was baie gelag, en hulle het gesorg vir ‘n vrolike atmosfeer. Daar was heerlik saam geverf en smaaklike sop en broodjie was voorsien as middag ete.
Op Woensdag, 29 Julie, het vyf van Ligbron Akademie vir Tegnologie se onderwyseresse hul kreatiwiteit kom neer lê op ‘n drommetjie. Die onderwyseresse het elkeen ‘n prentjie gekies waarvan hulle hou, hulle drommetjie geverf en stensel werk gedoen na hul eie smaak. Die dames het die klas vreeslik baie geniet. Daar was baie gelag, en hulle het gesorg vir ‘n vrolike atmosfeer. Daar was heerlik saam geverf en smaaklike sop en broodjie was voorsien as middag ete. Enige persoon wat ook ‘n klas wil loop, kan vir Lynette skakel op 082 542 9592.