top of page

Kiette Rekenmeesters verwelkom NJ Robbertse

SM HATTINGH

13 September 2022

Myburgh en Robbertse Inc is ook ‘n SAICA opleidingskantoor wat klerke die geleentheid bied om hulle klerkskap te voltooi by die firma.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

NJ Robbertse, ‘n welbekende onder die Erries, het in 2012 gematrikuleer by Ermelo Hoërskool. In 2013 het hy aangesluit by Vos Steyn Labuschagne Inc, waar hy sy klerkskap begin doen het, en dan het hy ook sy BCompt Rek graad deeltyds begin studeer deur UNISA. In 2015 het hy sy BCompt Reg graad geslaag (Cum Laude) by UNISA. In 2017 het hy sy Postgraduate Diploma in Applied Accounting Science by UNISA geslaag, wat geag word as jou STR, wat jou toelaat om jou raadseksamens te skryf by SAICA. Hy het sy raadseksamens geslaag by SAICA, en in Maart 2020 is hy geregistreer as ‘n CA (SA) by SAICA. NJ het sy MCom Taxation graad by die Universiteit van Pretoria begin studeer in 202,1 en het in Augustus 2022 die kursus voltooi. Hy wag huidiglik vir sy resultate, maar ons is doodseker dat hy dit lag-lag sal slaag. Hy was vir 8 jaar indiens gewees by Vos Steyn Labuschagne Inc.

Hy het vir 8 maande die pos bekleë as Groep Finansiële Rekenmeester vir die Ernst Groep. NJ was ‘n klein rukkie buite die praktyk gewees, waar daar ‘n ongelooflike geleentheid op sy pad gekom het. Die geleentheid het oor sy pad gekom om saam met Henriette Myburgh ‘n direkteur te wees by die firma Kiette Rekenmeesters, waar hul saam besluit het dat die firma se naam verander nou na Myburgh & Robbertse Inc. Hy het die geleentheid met beide hande aangegryp, en is betrokke by die firma vanaf 5 September 2022. Myburgh en Robbertse Inc is ook ‘n SAICA opleidingskantoor wat klerke die geleentheid bied om hulle klerkskap te voltooi by die firma. Myburgh en Robbertse Inc bied ook die volgende funksies aan: Maandelikse verwerking van: Bankstate en rekonsiliasies, Krediteure en rekonsiliasies, Salaris berekeninge, Uitreiking van salarisstrokies, PAYE, UIF & SDL bereken en opgawes indien (EMP201), Maandelikse U-filing indien, BTW bereken, rekonsilieer en opgawes indien (BTW201). Hul bied ook hulp aan met Bestuurstate: Maandeliks, 2-Maandeliks, Kwartaalliks asook Halfjaarliks.

Ons bied ook hulp en advies met: Maandelikse verwerking van finansiële inligting, Payroll, BTW, Stelsels, Implementering en verbetering van rekeningkundige stelsels, Inkomstebelasting, Ontleding en vertolking van finansiële state, Registrasies, Invoere dokumentasie en Uitvoere dokumentasie. Ons help ook met bereken, opstel en indiening van: Jaarliks: Finansiële jaarstate, Jaarliks: Vergoedingskommissaris (COIDA/RMA), 6-Maandeliks: Salaris rekonsiliasies (EMP501), 6-Maandeliks: Voorlopige belastingopgawes (IRP6), Inkomstebelastingopgawes (IT12/IT14), CIPC opgawes, vraelyste en verslae indien. Myburgh en Robbertse Inc bied ook spesiale dienste aan met boedelbereddering asook testamente. Hul kan jou ook help met Registrasies: Maatskappye, Trusts, BTW, Vergoedingskommissaris, UIF, Inkomstebelasting en PAYE en dan bied hulp ook hulp aan met Sekretariële dienste vir Maatskappye.

Besoek gerus Myburgh en Robbertse Inc, en geniet ‘n heerlike koppie koffie saam met hul vriendelike personeel by 47 Genl Hertzog Straat, of kontak hul gerus by 017 811 4596 / WhatsApp 071 642 9339, terwyl hul jou adviseur met jou besigheid of persoonlike dienste.

bottom of page