top of page

JJ Top Tien nie weg, maar net verbreed

SM HATTINGH

24 August 2021

Die leerders sal dan alfabeties gelys word en ’n foto van die groep steeds op die skool se “Facebook” en Webblad asook die plaaslike koerant geplaas word. Die Akademiese Presteerders se % sal wel nié bekend gemaak word nie.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Verskeie klagtes, asook positiewe terugvoering, het Laerskool JJ van der Merwe ontvang rakende die Top Tien. Daar is ‘n brief uitgestuur op Dinsdag, 17 Augustus 2021, waar daar gesê is dat die Top Tien nie meer gaan voort gaan by die skool nie. Op Vrydag, 20 Augustus, het die Tribune ‘n vergadering met Mnr. Nel (skoolhoof) asook Mev. Bester ( beheerliggaam voorsitter) gehad, waar die hele situasie mooi verduidelik is. Die Top Tien is nie weg gevat nie, dit word nou net verbreed. Elke leerder wat bo 85% behaal, word vereer en die nuwe benaming sal dan Akademiese Presteerder wees. Dit gee net elke leerder ‘n kans om deel te vorm van die groep, en om hard te werk sodat die leerder 85% kan behaal. Aangeheg is die brief wat die Tribune op Maandag, 23 Augustus, ontvang het vanaf die skool om die hele verandering mooi te verduidelik, asook om ‘n breër spektrum te gee rondom die verandering.

“Ons het verskeie terugvoer ontvang na die bekendmaking om JJ se Top 10 en Akademiese struktuur te verander en het ons die negatiewe en positiewe terugvoer deeglik oorweeg. Die besluit gaan nié omgekeer word nie, daarom plaas ons die brief om meer duidelikheid aan die ouergemeenskap te bied rondom die nuwe akademiese prestasie model, in ag genome van ’n paar veranderings: Ons skool het in so mate gegroei na ongeveer 170/180 leerders per graad, dat dit reg en regverdig is, om verskeie redes, dat daar ’n meer inklusiewe prestasie model gevolg kan word, sodat meer leerders per graad die geleentheid gegun kan word om as ons skool se Akademiese Presteerders bekend te staan en vereer te word. Voormelde is slegs een van die vele redes hoekom daar besluit is om ’n minimum vereiste van 85% en meer daar te stel vir leerders as mikpunt om dan as ’n Akademiese Presteerder vereer te word. Die ou Top 10 model word dus vervang met die nuwe Akademiese Presteerder model.Alle leerders van graad 4 tot graad 7 wat die top prestasie van 85% en meer per kwartaal bereik, sal dus nou kwartaalliks bekend gemaak word. Die leerders sal dan alfabeties gelys word en ’n foto van die groep steeds op die skool se “Facebook” en Webblad asook die plaaslike koerant geplaas word. Die Akademiese Presteerders se % sal wel nié bekend gemaak word nie. Die leerders sal elke kwartaal, ’n balkie kry om te dra. Ons is nog in die proses om sodanige balkie te ontwerp. Die Top Akademiese Presteerder per graad, asook die verskeie top presteerders per vakgebied sal steeds aan die einde van die jaar soos per die Prospektus sy/haar prys ontvang en hulle gemiddelde per vak, sal dan bekend gemaak word. Alle leerders wat ’n gemiddeld van 80% – 84% behaal, sal steeds soos in die Prospektus uiteengesit en in die verlede, ’n akademiese balkie per kwartaal ontvang. Indien die leerder die gemiddeld vir ’n jaar handhaaf sal hy/sy ’n geweefde akademiese balkie ontvang. Sodanige leerders sal ook steeds sy/haar sertifikaat aan die einde van die jaar ontvang soos uiteengesit in ons Prospektus. LET WEL! Alle ander akademiese prestasies so per die Prospektus sal steeds toegeken word."

"We received several responses after the announcement of the change in JJ’s Top 10 and Academic structure. We considered the negative and positive feedback received with due diligence and record that the decision will not be rescinded. With this letter we will provide more clarity to our parent community with regards to the new Academic Performance Model that will apply in future, taking into consideration a few small amendments: Our school has grown exponentially in the past few years to approximately 170/180 learners per grade and we are of opinion that it is only right and fair that a more inclusive award model be followed with our Academic Achievers to provide more learners the opportunity to be known as our school’s Academic Achievers and for them to be honored for their hard work. It was decided to set a minimum requirement of an 85% and higher average grade for learners to be honoured as an Academic Achiever. The old Top 10 model is therefore being replaced with the new Academic Achiever model. All learners from Grade 4 to Grade 7 who achieve an average grade of 85% and more per term will from now on be known as our school’s Academic Achievers. An alphabetical list of these learners with a photo of the group will be posted on the school’s “Facebook” and Web page as well as in the local newspaper. The % of the Academic Achievers will not be disclosed. After each term these learners will receive a pin to wear. We are still in the process of designing the pins. The Top Academic Achiever per grade, as well as the various other top achievers per subject, will still received his/her prize at the end of the year as set forth in the Prospectus and their mark achieved per subject will then be announced. All learners who obtain an average grade of 80% - 84% will still, as set out in the Prospectus, receive an academic pin to wear the following term and if the learner maintains the average for a year, receive his/her woven academic scroll. These learners will also still receive his/her certificate of achievement at the end of a year as set out in our Prospectus. NOTE! All other academic achievements as per the Prospectus will be awarded.”

bottom of page