top of page

Inwoners word genoop om aan te sluit by buurtwag groepe

GK CRONJE

8 September 2020

In ‘n voorval naby Bethal het rowers by ‘n kleinhoewe ‘n deur van mnr. Butch Goosen oopgeskop waarna ‘n skietery tussen mnr. Goosen en sy aanvallers plaasgevind het. Mnr Goosen is in die bors geskiet en is na ‘n hospitaal gebring. Die rowers is nog soek.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Dit is van die grootste noodsaaklikheid vir mense wat in landelike gebiede woon om hul waaksaamheid te verskerp, om voor te berei teen misdaad en by buurtwag groepe en gemeenskapspolisiëringsforums (GPF's) aan te sluit. Dit word onderstreep deur die onlangse voorval waar mev. Erika Muller van Rietkol naby Sundra, wat alleen tuis was nadat haar man, Sampie, plaaswerkers gaan haal het, ’n aanval afgeweer het deur haar veiligheidshekke te sluit en op haar aanvallers te skiet.

Daar bestaan geen twyfel nie dat gereedheid, goeie kommunikasie en die gemeenskaplike doelwit van buurtwaggroepe en samewerking met die polisie lei tot die voorkoming van meer plaasaanvalle in Rietkol en Sundra. Na die aanval op mev. Muller het goeie kommunikasie tussen die buurtwag en die polisie gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes. ’n Derde verdagte is tydens ’n skietgeveg noodlottig gewond. In ‘n tweede voorval naby Bethal het rowers by ‘n kleinhoewe ‘n deur van mnr. Butch Goosen oopgeskop waarna ‘n skietery tussen mnr. Goosen en sy aanvallers plaasgevind het. Mnr Goosen is in die bors geskiet en is na ‘n hospitaal gebring. Die rowers is nog soek. Die VF Plus doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners, en veral boere, om hul voor te berei vir die moontlikheid van misdaad en aanvalle en om binne die reg op te tree om hulself en hul eiendom te beskerm.

bottom of page