top of page

Inwoners genooi na jaarlikse e-Rommel insameling

Inhoud Verskaf

15 November 2022

Kom ons neem verantwoordelikheid, en pas ons omgewing op.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Persverklaring - Hierdie logo verwys na die herwinning van e-Rommel. Wat is e-Rommel, of wyer bekend as “e-Waste”? Dit verwys na alle elektriese en elektroniese produkte wat nie meer in ‘n werkende toestand is nie of onbruikbaar geword het, en in wese die einde van hul leeftydbereik het. Omdat tegnologiese vooruitgang teen so 'n hoë koers plaasvind, word baie elektroniese toestelle uitgedien ná 'n paar jaar van gebruik. Dit kan egter uiters nadelig wees vir mens en natuur. Die NG Kerk De Bruin Park bied weereens sy gebruiklike e-Rommel projek aan op Donderdag, 17 November 2022. Let net daarop dat dit slegs vir dié een dag is, en nie soos die gebruiklike twee dae nie.

Ons wil die gemeenskap eerder aanmoedig om e-Rommel deurlopend na die kerk kantoor van die NG De Bruin Park te neem, waar dit in ontvangs geneem sal word. Daar hoef dus nie meer gewag te word vir die spesiale dae by die gewone versamelpunte in die dorp nie. Op 17 November gaan Ermeloërs weer die geleentheid kry om alle elektriese en elektroniese toerusting wat stukkend is of nie meer gebruik word nie, na die Pick n Pay sentrum te Camden Laan. Hierdie versamelpunt is oop vanaf 09:00 tot 16:00. Hiervandaan word dit na ‘n wettige herwinningsaanleg geneem. Ons wil u aanmoedig om nou reeds daaraan te werk. Kry al die ou selfoonlaaiers en selfone, rekenaartoerusting, drukkers, radio’s, alarmstelsels, stofsuiers, strykysters, haardroërs en meer bymekaar.

Moet ook nie die batterytjies vergeet nie, en X-straal plate is ook welkom. Indien u dalk enige vervoerprobleme het om dié toerusting by die versamelpunt af te lewer, skakel 082 801 4114. Vir meer inligting oor e-Rommel en hierdie projek, kan u gerus die webwerf besoek bywww.ngdebruinpark.co.za, en klik op die e-Rommel skakel. Kom ons neem verantwoordelikheid, en pas ons omgewing op.

bottom of page