top of page

Hof staan borgaansoek toe na fratsongeluk

SM HATTINGH

26 July 2022

Tydens hof was daar verskeie kere breek geneem oor die mediese verslae wat nog nie beskikbaar was nie.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Vrydag, 15 Julie 2022, wat ‘n gewone werksdag sou wees vir ‘n plaasboer, het egter ontaard in ‘n groot ongeluk. Mnr. Louis Grobler (41) ‘n welbekende plaasboer wat op die Ermelo-Lothair pad boer, het die afgelope ruk groot skade gely as gevolg van diefstal op sy plaas. Louis het vanaf 2000 die boerdery oorgeneem om na sy moeder (71) en suster om te sien, asook na sy vrou en twee kinders. Louis het op dié Vrydag, tussen 12:00 en 14:00, gegaan na die landerye, waar daar beweer was dat van sy mielies gesteel word. Met aankoms by die landery het drie minderjarige kinders, onderskeidelik 10, 11 en 13 jaar oud, uit die mielieland gehardloop. Hy het remme geslaan toe hy die kinders gewaar, maar weens die mielie blare wat in die lande gelê het, het die bakkie begin gly, en twee van die kinders is deur die bakkie gestamp. Louis het dadelik uit sy voertuig gespring om die kinders te help, en het ook dadelik vir Mnr. Lion du Plessis gekontak om hom te vertel van die ongeluk en om vir Louis te kom bystand gee. Hulle het dadelik die SAPD gekontak, asook mediese dienste vir die kinders. Na ongeveer ‘n uur was die SAPD steeds nie op die toneel gewees nie, waarna hul weer gekontak was. Louis het aan die SAPD verduidelik wat gebeur het, en hy is dadelik gearresteer. Hy staar nou twee aanklagtes van poging tot moord, en ‘n aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer in die oë. Tydens die gebeure was daar geen oog getuies op die toneel, behalwe Louis en die drie kinders nie. Hy het sy eerste verskyning in Ermelo Hof gemaak op Maandag, 18 Julie 2022, waarna die saak uitgestel was na Woensdag, 20 Julie 2022.

Op Woensdag, tydens sy tweede verskyning, was die straat voor die hof gepak met verskeie politieke partye, waar daar gesing en gedans was. Elke persoon het ‘n plakaat gehad met verskeie spreuke soos “We want the dog behind the cell, no bail” en “All white dogs must fall”. Op Woensdag het Mnr. Mario Jungbluth aan die hof gesê dat Louis nie ‘n vlug risiko is nie, dat hy bereid is om sy paspoort in te handig, en dat hy glad nie sal inmeng met die ondersoeke nie en die plaaslike SAPD sal los om hul werk te doen. Hy het geen familie of enige bates buite die grense van Suid-Afrika nie. Mnr. Jungbluth het ook aan die hof gesê dat op die dag van die ongeluk, het Louis nie die toneel verlaat of weg gehardloop nie. Hy was inteendeel die een wat die SAPD, asook die mediese personeel dadelik gekontak het. Op Woensdag is die saak uitgestel na Vrydag, 22 Julie 2022. Vrydag was die straat voor die hof afgespêr deur die SAPD sodat geen voertuie daar kan beweeg nie, en die verskeie politieke partye was weer van vroeg oggend af besig om te dans en sing. Mnr. Werner Jungbluth, Louis se advokaat, was Vrydag in die hof, waar hy verskeie ander sake as voorbeelde gebruik het, soos die geval in Piet Retief van Pampoenkraal, asook ‘n saak in Groblersdal. Mnr. Jungbluth het in die hof gesê dat daar Woensdag in die hof gesê was dat minderjarige kinders nie weet wat reg en verkeerd is nie, waarop hy gevra het, “sal minderjarige kinders dan weet wat is die verskil tussen ‘n leun en die waarheid?” Daar is ook gerugte wat die rondte doen oor omkopery vanaf Mr. Saaiman, waarna Advokaat Jungbluth gesê het “indien dit die waarheid is, hoekom het die SAPD nie Saaiman gearresteer nie, en hoekom is daar nie ‘n saak geopen of gesê dat SAPD besig is met ondersoeke oor die gerugte nie?”

Vrydag was ‘n baie moeilike en emosionele dag vir familie en vriende in die hof gewees. LUR Vusi Shongwe het ook Vrydag sy verskyning buite die hof gemaak. Die LUR het in sy toespraak aan die verskeie media huise gesê dat die plaaseienaar, plaaswerkers en plaasbewoners moet kan saam werk, en dat die plaaswerkers en plaasbewoners dadelik die plaaseienaar moet inlig indien hul sien of hoor van vreemde optrede, of indien iets fout is. Verskeie lede van die gemeenskap van Ermelo, asook vriende van Louis, het aan die Tribune gesê dat Louis nie in die tronk hoort nie, dat hy glad nie ‘n rassis is nie, en dat hy altyd daar is om te help, en sal altyd luister en raad gee. Op 10 Januarie het ‘n plaaswerker ‘n oproep gekry terwyl hy op die trekker gery het, dat sy kind weg was, en dat hul nie die kind kon vind nie. Die plaaswerkers het Louis dadelik ingelig, en toe Louis by die plaasdam kom, het hy sy lewe gewaag om ‘n kind se lewe te red. Hy het so ver gegaan om vir die kind mond-tot-mond asemhaling te gee, net om die kind te red. Nou staan die vraag, sal ‘n rassis ‘n swart kind mond-tot-mond asemhaling gee? Die man wat ‘n rassis genoem word, het vir die kind, wat ongelukkig later oorlede is, se begrafnis betaal, want die ouers het nie die finansies gehad nie. Louis maak altyd seker dat sy plaaswerkers net die beste het, en hy doen alles in sy vermoë om mooi en goed om te sien na sy plaaswerkers. Net soos wat hulle afhanklik is van Louis, net so afhanklik is hy van hulle.

Tydens hof was daar verskeie kere breek geneem oor die mediese verslae wat nog nie beskikbaar was nie. Ten tye wat die verslae onder oë was deur beide partye, het die magistraat, Mnr. Motsepe, geen borgtog aan Louis toe gestaan nie, en was die saak uitgestel na, Dinsdag, 26 Julie 2022. Louis het intussen borgtog verkry, en is voorwaardelik vrygelaat.

bottom of page