top of page

Helpmekaar Liefdadigheidswinkel maak ‘n verskil

GK CRONJE

12 January 2021

U kan ook gerus ‘n WhatsApp stuur aan Maryna indien u meer inligting verlang. Om ‘n liggingpen te ontvang van die winkel se adres, stuur slegs u naam via WhatsApp.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

In die onsekere tye van COVID-19, staan Maryna Reyneke en haar liefdadigheidswinkel sterk, en maak elke dag ‘n verskil in talle se lewens. Maryna woon al11 jaar in Ermelo, en is ‘n bekende gesig in die gemeenskap. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel ondersteun tans minderbevoorregte inwoners in Ermelo, asook gekeurde skoliere. Maryna en haar sagte hart wend haar besigheid se hulpbronne aan om sukkelende gesinne en inwoners van Ermelo te ondersteun, en alle donasies word terug geploeg in die gemeenskap in. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel het al menigte lewens verbeter deur skenkings van klere, kospakkies en toebehore, en Maryna gaan uit haar pad uit om haar hulp te verleen aan alle behoeftiges. Helpmekaar Liefdadigheidswinkel bestaan al bykans 2 jaar in Ermelo, en doen hul bes om alle behoeftiges te assisteer.

“Ek help waar ek kan, en met die hulp van die gemeenskap kan ek selfs nog meer hulp verleen aan behoeftiges. Ek vra nederig vir donasies vanaf inwoners. Ek aanvaar alle huishoudelike items, boeke, kledingstukke, gordyne en alle ander items wat inwoners nie meer gebruik nie, en ek kan julle verseker dit word gewend aan ‘n goeie doel. Ek wil graag almal bedank wat al donasies gebring het na Helpmekaar toe, ek waardeer dit opreg.” het Maryna aan die Tribune gesê. Indien u belang stel om meer te weet van Helpmekaar Liefdadigheidswinkel, kan u Maryna kontak by 060 646 8389. U kan ook gerus ‘n WhatsApp stuur aan Maryna indien u meer inligting verlang. Om ‘n liggingpen te ontvang van die winkel se adres, stuur slegs u naam via WhatsApp.

bottom of page