top of page

Fondsinsameling vir Isabella Stark ‘n groot sukses

SM HATTINGH

26 October 2021

"Dit was 'n uitdaging met die wind, maar dit was een lekker daggie vol omgee, liefde en ondersteuning, my hart loop oor van dankbaarheid!"

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Saterdag, 23 Oktober, was daar ‘n modelkompetisie aangebied by Camel’s Madness Restaurant. Die kompetisie wasvir fondsinsameling vir Isabella Stark se mediese onkostes. Die dag was bekroon as ‘n groot sukses. Die kompetisie is aangebied deur Blush Models Ermelo, en die modelle het almal asemrowend mooi gelyk, en die dag vreeslik geniet.

Blush Models wil graag van die geleentheid gebruik maak om hul borge te bedank: “Kameel van Camel's Madness Restaurant en sy yster span, julle is die beste. Linda Pitzer, Bernice Coetzer en Berdine Botha, so baie dankie! DJ Sweet Sounds, Joshua Stark, Eco Wash, Hough Burger, Burger Springkastele, Elna Janse van Vuurren, Studio 7, Lady Latte, Coal Miners, Rochelle van Creative Cutz, Anita Kruger, Bo Kamer Gastehuis en Living Waters, Chris Rothman, Danie Louw, Bart Delport, Jaco Papenfus en Stefan van Coller, Siyabonga Masuku, Margé de Lange, Nanette Cup Cakes en Jean-Roux Flack, Mr. Pre Teen SA 2021 en Mr. Pre Teen Face SA 2021. Aan die beoordelaars, Anne Marie van Heerden, Mureli Roux en Suretha van Rooyen, dankie, julle het julle goed van julle taak gekwyt. Aan my regter hand Cindy Kitchenmaster, dankie vir al jou harde werk. Natasha Lourens, vir jou mooiste rokke by Brides Choice (Pick n Pay sentrum) die modeparade was baie mooi. Aan al die modelskole, Allison Danielle Cronje en Yolandri Fourie wat my altyd getrou ondersteun, aan elke liewe model, en ouer. Dit was 'n uitdaging met die wind, maar dit was een lekker daggie vol omgee, liefde en ondersteuning, my hart loop oor van dankbaarheid!”

bottom of page