top of page

ErrieUnie gee terug aan die Erries

SM HATTINGH

24 August 2021

Daar is besluit om die skrummasjien na voormalige onderwyser en afrigter by die Erries, Jimmy Stonehouse, te vernoem omdat hy 'n reuse impak gehad het by die skool se rugby jare gelede.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die ErrieUnie streef daarna om die EHS te ondersteun op enige gebied waar nodig. Nadat 'n behoefte geïdentifiseer is, het die ErrieUnie die inisiatief geneem om 'n nuwe skrummasjien vir die hoërskool te laat bou. Die STONEHOUSE skrummasjien is op dieselfde wyse gebou as die een wat die Pumas en Springbokke huidiglik gebruik. Daar is besluit om die skrummasjien na voormalige onderwyser en afrigter by die Erries, Jimmy Stonehouse, te vernoem omdat hy 'n reuse impak gehad het by die skool se rugby jare gelede. Hy was ook die skakel tussen die ErrieUnie en MES (Mobile Engineering Services) wat die masjien gebou het. Dit sal definitief 'n aanwins wees vir die rugby vir nog baie jare. “Baie dankie aan al die ErrieUnie lede, wie se bydraes projekte soos hierdie moontlik maak.”

bottom of page