top of page

Ermelo Toyota gholfdag ‘n reuse sukses

SM HATTINGH

12 October 2021

Tydens die dag was daar 148 spelers wat deelgeneem het. Daar was heerlik saam gekuier, en die spelers was vermaak deur Jakkie Louw terwyl Buffelsfontein Brandewyn die spelers kom bederf het.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Vrydag, 8 Oktober het Ermelo Toyota weereens hul jaarlikse korporatiewe gholfdag aangebied. Die dag was ‘n reuse sukses, en die spelers het die dag terdeë geniet. Tydens die dag was daar 148 spelers wat deelgeneem het. Daar was heerlik saam gekuier, en die spelers was vermaak deur Jakkie Louw terwyl Buffelsfontein Brandewyn die spelers kom bederf het. Die wenners van die dag was, in die eerste plek – aka Smoking Tee’s - Deon van Zyl, Johan Du Bruin, Niel Mathiesson en Charl Van Heerden. Tweede plek was DC Swart, Theuns Botha en David Harris en Corrie Swart, en Sheldon Du Preez, Fred Els, Bossie Bosman en Maans Sandenberg in die derde plek. Naaste aan die pen by putjie 6 was Craig Holiday, en by putjie 16 was Greghan Groenewald naaste aan die pen.

Die langste dryf by putjie agt was Henro Lewis, en Bennie Kriel putjie 15. Ermelo Toyota wil graag die volgende borge bedank, waarsonder die dag nie so groot sukses gewees het nie: ACSU, AGM2 Trust (AG Muller), Alan's Slaghuis, Aurum Products - Moto Muti, Autopart Centre/Autozone, Budget Insurance, BP Greyling Langfontein Boerdery, Carolina Rollermeule, Chris Rothman - Tent borg, CMR, Christiaan Jacobs, Dalifin Print, Digital Print, Ermelo Abattoir, Ermelo Bearings - Tent opslaan, Ortega, Ermelo Toyota, FNB Comm, FNB Insurance Brokers/ CIB, H2O, Henbase Lodge, Highveld Splendour Boutique Hotel, Highveld Stationery, Hino, Innovation, Kojo Boerdery, Madness, Melrow Pharmacy, Midway Liquors, My-Sure, MFC, Netstar, Oosvaal Landbou, ProShine, Pongola Toyota, Reemar Auto, Ronquest Boerdery, SAVF, SA Oils, Scorekeepers, Team Vibe Customs, TFS, Total, Tribune ePaper, Tuiskoop, Turbo Works, Van der Merwe Boerdery, Wildman, Hunting & Outdoor en Wurth. “Baie dankie ook aan al die spelers wat die dag bygewoon het, en die dag saam met ons geniet het. Sien julle weer volgende jaar!”

bottom of page