top of page

Ermelo Toyota gee terug aan die gemeenskap

SM HATTINGH

3 November 2021

Ermelo Toyota wil weer die gemeenskap bedank vir hulle getroue ondersteuning gedurende hul jaarlikse gholfdag.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Ermelo Toyota het tydens hul jaarliks gholfdag ‘n bedrag van R90 000 ingesamel deur verskeie items wat opgeveil is, onder andere ‘n skaap wat opgeveil was met die finale bie van R33 500. Die eienaar en die bestuur van Ermelo Toyota het dit goed gedink om die gelde wat ingesamel is, aan verskeie instansies te skenk.

Die CMR Carolina, Ermelo SAVF, Ermelo CMR en Annebel was gekies om skenkings te ontvang. Ermelo Toyota wil weer die gemeenskap bedank vir hulle getroue ondersteuning gedurende hul jaarlikse gholfdag.

bottom of page