Ermelo Phoenix Rotary gholfdag
Op die foto verskyn die wenners van die dag, M.O.T.H Club, saam met lede van die Phoenix Rotary.
Op die foto staan Moaner van Heerden, saam met lede van die Phoenix Rotary en Deo Botha, wat die plakkaat, asook die rugby bal waar hy die hoogste bod gehad het tydens die veiling.
Op die foto verskyn die wenners van die dag, M.O.T.H Club, saam met lede van die Phoenix Rotary.
SH HATTINGH
10 November 2020
Tydens die aand was daar ‘n plakkaat van Moaner van Heerden, asook ‘n ou rugbybal met ou springbok spelers se handtekening op opgeveil.
Op Vrydag, 6 November, het die Phoenix Rotary dit goed gedink om ‘n gholfdag aan te bied wat deel is van hul geldinsamelings projek. Die dag is bekroon as ‘n suksesvolle dag, met 72 spelers wat deelgeneem het aan die kompetisie. Die spelers het die dag terdeë geniet. Die Phoenix wil graag die volgende borge bedank, waarsonder die dag nie so ‘n groot sukses kon wees nie: Brakecore, LMTEC, Wildman, African Sky Resorts, Jamdrop, Chryso, JC Studios Ermelo, Icon Metals and Oils, FC Benecke, DP Signs, Bell, Pick and Pay, Izimbali, Hardies bande, Bulldog Internet, Dalifin, Melrow Pharmacy, Corfuset, Flowcentric Mining, Allan’s Slaghuis en MP Fire and Signs.
Die bekende oud-rugby speler Moaner van Heerden het ook kom oë wys, en heerlik saam met die spelers gekuier. Daar was smaaklike kos na die prysuitdeling beskikbaar, waaraan al die spelers gesmul het. Die wenners van die dag, met 108 punte, is die M.O.T.H Club, in die tweede plek was LMTEC met 103 punte, en kort op hulle hakke met 102 punte was Kwena Mining. Tydens die aand was daar ‘n plakkaat van Moaner van Heerden, asook ‘n ou rugbybal met ou springbok spelers se handtekening op opgeveil. Die Ermelo Phoenix Rotary wil graag van die gelentheid gebruik maak om almal te bedank vir die dag, asook vir elke speler wat die dag saam met hulle kom geniet het.