top of page

Ermelo morsjorse se dae is getel

GK CRONJE

1 December 2020

Inwoners kan dan die foto's stuur, gepaard met die tyd, datum en area waar die morsjors betrap is, via WhatsApp na 071 885 2505.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Onwettige rommel storting is 'n vinnig groeiende probleem in Ermelo en die omliggende gebiede, met inwoners wat doodluiters te lui is om hul rommel uit te neem vir kolleksie vanaf die munisipaliteit, of om uit te ry na die stortingsterrein. As gevolg van hierdie morsjorse, is Ermelo en die omliggende areas gesaai met allerlei rommel, tuinvullis en boumateriale wat onwettig gestort word. Ontwikkelaars en kontrakteurs word ook onder die loep geneem, met allerlei bourommel wat in die nabye areas van nuwe ontwikkellings doodeenvoudig net in die veld gestort word. Alhoewel Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) se spanne konstant rommel verwyder en optel, verloor hul die stryd, siende dat inwoners hul nie traak aan die munisipale wette nie.

‘n Groot seer oog is die berugde Chris de Villiers Straat, wat skynbaar ‘n gunsteling area onder rommelstrooiers is. Honderde plastieksakke met huishoudelike rommel word weekliks gestort in hierdie area, en kontrakteurs is ook lief daarvoor om hul mourommel daar te stort. Die nuwe inisiatief deur die Hoëveld Toerisme Streeksorganisasie mik egter om hierdie onwettige dade hok te slaan, en het die hulp van inwoners nodig om die projek ‘n sukses te maak. Die organisasie versoek dat inwoners wat morsjorse gewaar wat rommel stort op enige area buite die stortingsterrein, ‘n foto neem van die morsjors, en indien moontlik, die registrasie nommer van hul voertuig.

Inwoners kan dan die foto'ss stuur, gepaard met die tyd, datum en area waar die morsjors betrap is, via WhatsApp na 071 885 2505. Dié organisasie, in samewerking met die nodige owerhede, sal dan die skuldige persoon opspoor, en forseer om die rommel te verwyder, asook om ‘n area van 50 meter om die stortingsarea skoon te maak en op te ruim. Indien die skuldige persoon versuim om die area skoon te maak, sal verdere stappe geneem word, wat kan lei tot moontlike kriminele aanklagte, siende dat dit teen die wet is om onwettig rommel te stort. Die tyd het aangebreek dat die inwoners van Ermelo moet hande vat en saamstaan, om te verhoed dat die dorp verder verbrokkel en agteruit gaan.

bottom of page