top of page

Ermeloërs maak hul harte oop

SH HATTINGH

7 Julie 2020

Die gemeenskap van Ermelo het dit goed gedink om oor ‘n verlengde tydperk al die insamelings te doen vir die minder bevoorregte mense. Daar is verskeie ouderdomme inwoners, van klein kindertjies wat mens aanstaar met honger ogies, tot ouer mense wat nie weet hoe om vir hulle kinders te verduidelik dat daar nie kos of geld is nie. Nou dat ons in die hart van die winter is, is daar mense wat nie eers warm klere of komberse het nie.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Ermelo gemeenskap het op Saterdag, 27 Junie, hul harte opgemaak deur vir minder bevoorregte mense kos-, klere- asook kospakkies te gaan aflewer. Die gemeenskap van Ermelo het dit goed gedink om oor ‘n verlengde tydperk al die insamelings te doen vir die minder bevoorregte mense. Daar is verskeie ouderdomme inwoners, van klein kindertjies wat mens aanstaar met honger ogies, tot ouer mense wat nie weet hoe om vir hulle kinders te verduidelik dat daar nie kos of geld is nie. Nou dat ons in die hart van die winter is, is daar mense wat nie eers warm klere of komberse het nie. Die projek is onlangs geloots om hierdie mense se behoeftes te bevredig. Die organiseerders van die projek, saam met die MOTHS Klub, wil graag almal bedank wat ‘n helpende hand bygevoeg het met die insameling van die projek.

Op die foto verskyn lede van die MOTH klub. asook die bestuur van Mashala Myn, tydens die laai van al die nie bederfbare produkte en klere wat aan die minder bevoorregte mense oorhandig is, (v.l.n.r) WP Fick, Sarel Coetzer, Fritz Olmesdahl, Hendré Pieterse ( Mashala Myn), Gerrie Oosthuizen, Kurt Herman (Mashala Myn), Steve Murray, Hans de Wet, Johan Venter en Theuns Pieterse (Mashala Myn).

bottom of page