top of page

Ermeloërs geniet Signs To See opening

SM HATTINGH

1 February 2022

Signs To See is al 21 jaar in die bedryf.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Vrydag, 28 Januarie 2022, was ‘n groot sukses vir die opening van Signs To See. Signs To See is al 21 jaar in die bedryf. Koos Olivier, eienaar van Signs To See, het dit goed gedink om almal te nooi om die opening van hul besigheid in hul nuwe perseel saam met hom en sy personeel te kom geniet. Daar was heerlik saam gekuier en gedans, en natuurlik was daar heerlike kerrie met vars gemaakte “Naan”. Pieter Marcato het die mense op hulle voete gehou met al sy liedjies.

Mac Rapapali van Jakaranda het ook kom inloer en seker gemaak die mense se voete bly op die dansvloer. Heinrich Olwage, wat in die TV reeks, Ram vir ‘n Rus gespeel het, het ook kom oë wys en lekker saam gekuier. Koos en sy span wil graag die gemeenskap bedank vir hulle getroue ondersteuning, en hy sien uit om nog baie jare saam ‘n pad saam te kan stap.

bottom of page