top of page

Drian, jou glimlag word reeds gemis

SM HATTINGH

16 November 2021

Drian word oorleef deur sy vrou, Charlene, en hul drie kinders, Wian (14), Luan (12) en Mieke (7).

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Drian Odendaal (40) ‘n welbekende plaasboer in die omgewing is op Vrydag, 12 November, oorlede in ‘n motor ongeluk. Drian het altyd in die dorp gery met sy wit Toyota Land Cruiser, met die grootste glimlag op sy gesig, en het altyd almal vriendelik gegroet. Hy het tyd afgestaan om saam te kan gesels, was baie lief vir die viswaters, en het dit vreeslik geniet om te jag. Hy was ‘n regte braai meester, en het genot daaruit geput om saam met sy vriende te kuier en ‘n paar grappies te vertel.

Drian word oorleef deur sy vrou, Charlene, en hul drie kinders, Wian (14), Luan (12) en Mieke (7). Charlene wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hul liefde en omgee in die moeilike tyd, en ook vir elke SMS en oproep wat sy ontvang het van die gemeenskap af. “Drian, jy gaan baie gemis word in die omgewing. Rus sag by Liewe Jesus se voete.”

bottom of page