top of page

Dispuut tussen twee besighede lei tot onsekerheid in gemeenskap

SM HATTINGH

22 March 2022

Daar is tans ‘n arbitrasie saak tussen die twee partye.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Rietspruit Crushers, ‘n bekende besigheid in Ermelo, wat deur wyle Malcom Wishart geopen is en vanaf 2017 deur sy seun, Grant Wishart, bestuur word, is al vir die afgelope vyf jaar in ‘n dispuut met Oubaas de Jager Familie Trust. Op Dinsdag, 1 Maart 2022, het ‘n werknemer van Rietspruit Crushers gesien dat die pad wat vir die afgelope veertig jaar gebruik word, afgespêr was deur ‘n hek en slot, en dat daar ook bemanning by die hek is en gereguleer het wie die perseel mag ingaan, en wie nie. Dadelik is die bestuur van Rietspruit Crushers ingelig oor die situasie wat ontvou het, en daar was dadelik stappe geneem om te verseker dat Rietspruit Crushers steeds kon besigheid doen. Op Maandag, 7 Maart 2022, toe mnr. Wishart van die alternatiewe pad gebruik maak, was dié pad ook toe, waar hy ook sy personeel bussie sien wat nie deur die hek mag gaan nie. Tydens hierdie dag het daar ‘n dispuut tussen die huurder en die verhuurder ontstaan, waar daar gevra is om ‘n vergadering met mnr. Wishart te hê. Die vergadering is voorgelê by Rietspruit Crushers, waar beide partye teenwoordig was, asook ander besigheids forums. Tydens navrae en ondersoek aan bewyse oor die koop van die plaas, en die huurooreenkoms tussen Rietspruit Crusher en Oubaas de Jager Familie Trust, is daar in die aankoop ooreenkoms saamgestem dat daar ‘n maandelikse inkomste vanaf Rietspruit Crushers aan die grondeienaar, Oubaas de Jager Familie Trust, betaal moet word.

Die ooreenkoms is vanaf 2014 tot 2017 nagekom, waarna daar vanaf 2017 tot hede nog geen verdere betaling gedoen is nie. Die huurooreenkoms, wat tesame met die koop transaksie van die plaas ooreenkoms geteken was, het reeds in Augustus 2021 verval, en is daar tot op hede nog nie ‘n nuwe ooreenkoms nie. Rietspruit Crushers het ‘n geldige myn lisensie wat binnekort verval, waar hul binne ‘n sekere tyd die lisensie moet hernu. In 2008, tydens die ooreenkoms, is daar binne die kontrak gestipuleer dat die verhuurder vergoeding moet ontvang vanaf die huurder, waar die vergoeding begin het met R1.45 per ton, en dat die bedrag jaarliks met 10% sal eskaleer. Tydens ‘n onderhoud met die Oubaas de Jager Familie Trust, oorweeg hul dit baie sterk om eerder die plaas te verkoop, waar daar myn materiaal beskikbaar is, ‘n boerdery, asook ‘n pragtige trou lokaal. Die Tribune het op Donderdag, 17 Maart 2022, ‘n onderhoud met mnr. Wishart gehad rondom die situasie by Rietspruit Crushers, en die dispuut tussen die Oubaas de Jager Familie Trust.

Mnr. Wishart het aan die Tribune gesê dat in Oktober 2012 het alle ou myn lisensies verander na die nuwe lisensies, dat alle tantieme aan die staat betaalbaar is, en nie meer aan die plaaseienaar nie. Hy het wel gesê dat die Oubaas de Jager Familie Trust steeds hul vergoeding ontvang het. Vanaf 2017, het Rietspruit Crushers nie meer enige vergoeding aan die Oubaas de Jager Trust betaal nie, maar wel aan die staat, soos die nuwe wet bepaal. Mnr. Wishart het ook tydens die onderhoud gesê dat daar tans geen grond gebruiksooreenkoms tussen Rietspruit Crushers en Oubaas de Jager Familie Trust is nie. Rietspruit Crushers het ook sekere kontrakte verloor, waar maatskappy net hul kontrakte beëindig het weens finansiële redes, waar Rietspruit begin het om swaar te kry want hul was afhanklik van al die groot kontrakte. In Februarie 2022 het mnr. Wishart dit goed gedink om Rietspruit Crushers weens die finansiële negatiewe impak onder sakeredding te bring.

Daar is tans ‘n arbitrasie saak tussen die twee partye. Die grootste kommer wat besigheidseienaars in en om Ermelo in die oë staar, is dat die sluiting van Rietspruit Crushers ‘n groot ekonomiese impak op Ermelo sal hê. Daar word gehoop dat voor die situasie op daardie punt kom, dat daar eerder ‘n ooreenkoms kan onstaan waar beide partye geken word, en beide partye vergoeding kry.




bottom of page