top of page

Danie het jou hulp nodig

SH HATTINGH

20 April 2021

Danie ry daagliks ongeveer 4 kilometer met sy rolstoel om te gaan werk.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Danie Geel (40) ‘n bekende in die gemeenskap het jou hulp nodig. Hy het aan die einde van 2005 gekla oor rug pyn, en is hospitaal toe, waar hy net n inspuiting ontvang het vir pyn. Die volgende oggend het hy wakker geword om te gaan werk, waar hy geen gevoel gehad in sy bene nie. Hy is per ambulans na die hospitaal geneem, en hulle het hom later die dag oorgeplaas na Pretoria waar hul nog dieselfde aand ‘n rug operasie gedoen het.

Na die operasie het die dokters hom ingelig dat hy nie weer sal kan loop nie. “Laas jaar het ons as gesin Dr. Nel van die Zuid Afrikaans Hospitaal geskakel om ‘n opvolg konsultasie te reël vir Danie, omdat ons gehoop het dalk sal daar iets wees wat die dokter kon doen, of dalk kon sê of daar ‘n kans kan wees vir hom om weer te kan loop, omdat hy so nou en dan gevoel kry in sy bene. Ons kon daarin slaag om Dr. Nel op 12 April 2021 te sien, en ongelukkig is daar geen hoop vir Danie om weer te kan loop nie. Omdat hy nie medies het wat die kostes kan dek nie, wil ons graag vra vir hulp om die rekening te kan vereffen van die MRI skandering wat gedoen is. Die familie wil ook die gemeenskap vra om vir Danie te kan help met ‘n donasie, sodat hulle vir Danie ‘n ordentlike rolstoel kan koop.

Danie ry daagliks ongeveer 4 kilometer met sy rolstoel om te gaan werk. Daar is ‘n Trust rekening gestig by PAS Prokureurs. Pieter StoffbergIngelyf Trust, Trust Rekening, FNB, Ermelo, Takkode: 270344, Rekening Nommer: 62092150326, Verwysing: Dan39/1.

bottom of page