top of page

Danie bedank die gemeenskap

SM HATTINGH

20 July 2021

Na afloop van die operasie het die dokters hom ingelig dat hy nie weer sal kan loop nie. Na baie huil en emosies wat hoog loop, kon Danie daarin slaag om ‘n skenking vir ‘n splinternuwe rolstoel te ontvang, asook al die mediese kostes wat afbetaal is.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Danie Geel (40) ‘n bekende in die gemeenskap, wil vir elke persoon in die gemeenskap, asook elke boodskap, dankie sê. Hy het aan die einde van 2005 gekla oor rug pyn, en is hospitaal toe waar hy net ‘n inspuiting ontvang het vir pyn. Die volgende oggend het hy wakker geword om te gaan werk, maar hy geen gevoel gehad in sy bene nie. Hy is per ambulans na die hospitaal geneem, is oorgeplaas na Pretoria, en hul het nog dieselfde aand ‘n rug operasie ondergaan.

Na afloop van die operasie het die dokters hom ingelig dat hy nie weer sal kan loop nie. Na baie huil en emosies wat hoog loop, kon Danie daarin slaag om ‘n skenking vir ‘n splinternuwe rolstoel te ontvang, asook al die mediese kostes wat afbetaal is. Vrydag, 16 Julie 2021, was die beste dag in Danie se lewe, waar hy sy nuwe rolstoel ontvang he, met sy ouers en suster wat bystaan.

bottom of page