top of page

CMR stig Lighthouse vir minderbevoorregtes

SM HATTINGH

14 September 2021

Daar is ook in die saal ‘n kamer met beddens, wat sal dien as ‘n veilige hawe waar daar moeilike omstandighede was in ‘n gesin. Daar is tans al baie besighede wat hul harte oop gemaak het en hande gevat het saam met die CMR.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die CMR het dit goed gedink om ‘n Lighthouse te open in Ermelo. Na maande se dink en wonder, kon die personeel en bestuur van die CMR daarin slaag om die ideale plek te vind vir die Lighthouse. Die Lighthouse sal in Oosthuise Straat geleë wees, waar daar ‘n kerksaal omskep is vir dié doel . Haweloses sal by die instansie elke dag hul kan gaan reinig, asook hulle klere op ‘n daaglikse basis laat was. Die Lighthouse bied ook maatskaplike werkers vir die nodige ondersteuning, en daar sal elke dag ‘n ordentlike en gesonde bord kos beskikbaar wees. Daar sal daagliks verskillende take wees wat deur die haweloses verrig gaan word, en sodoende produktiwiteit volhou.

Daar is ook in die saal ‘n kamer met beddens, wat sal dien as ‘n veilige hawe waar daar moeilike omstandighede was in ‘n gesin. Daar is tans al baie besighede wat hul harte oop gemaak het en hande gevat het saam met die CMR. Sekuriteitswagte sal elke dag en elke nag op pos wees, en die plaaslike SAPD het ook ingestem om te help met die beveiliging van die perseel. Die bestuur en personeel van die CMR wil graag van die geleentheid gebruik maak om diegene te bedank wat reeds hande gevat het saam met hulle, en wil graag dan ook van die geleentheid gebruik maak om ander besighede of enige individue te nooi om ook betrokke te raak by die projek, en saam van Ermelo ‘n beter dorp te maak.

Enige persoon wat ‘n bydrae wil maak, kan die volgende bank besonderhede gebruik: ABSA Bank, Rekening Naam: CMR Ermelo, Rekening nommer: 870230133, Takkode: 632005. Navrae kan gerig word aan Wynand by 078 800 2711, of Jeanah by 079 799 9956. Belangstellendes kan ook die CMR kantoor by 017 819 1163 kontak.

bottom of page