top of page

CMR CYCC bedank borge en donateurs

SM HATTINGH

18 May 2021

Hulle spreek ook hul dank en opregte waardeering uit aan elke donateur vir hulle donasies, dit maak regtig ‘n groot verskil. Indien jy dalk betrokke wil raak of enige donasies wil maak kan jy vir Mari, die CYCC Bestuurderes, kontak by 072 484 4349 of by die kantoor 087 550 0510.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Kruideniers vir ‘n gewone huishouding met ongeveer vier persone kos ongeveer R4 000 per maand. Dit is net die basiese kruideniers, sonder dat die geld vir brood en melk bygereken word. ‘n Bakkie ontbyt pap in die oggende voor skool, ‘n toebroodjie vir pouse en dalk ‘n lekkertjie, soms selfs ‘n bakkie jogurt. Aandete word die vleis in klein porsies verdeel sodat dit die hele maand hou. Daar word gereeld pasta geëet, want dit is goedkoop en vinning om te maak. Waar ‘n huishouding van vier persone standaard is, is daar tot meer as 30 kinders in die kinderhuis. “Mammas met babas en kleuters sal beslis weet hoe om hulle sente om te draai om die gesonde kos, baba melk en doeke vir hul kleingoed te voorsien. Ons baba eenheid het tans sewe babas waarvoor daar doeke,formule melk, lyfroom, shampoo en poeier gekoop moet word. Daar is 24 kinders in die ander twee huise - 24 kinders wat drie etes op ‘n dag geniet, en 24 kosblikkies wat gepak moet word. Kinders bly kinders, en die huis ouers is maar mammas soos enige ander mamma, die verskil is net dat hulle baie meer kinders het.” Op Vrydag, 14 Mei 2021, was die Kinderhuis (CMR CYCC) bederf met ‘n inkopietog deur drie borge. Die kinderhuis bedank hiermee vir Bhika Oogkundige, die twee annonieme borge, asook vir Mnr. Kock van Pick n Pay vir die baie welkome inkopies. Hulle spreek ook hul dank en opregte waardeering uit aan elke donateur vir hulle donasies, dit maak regtig ‘n groot verskil. Indien jy dalk betrokke wil raak of enige donasies wil maak kan jy vir Mari, die CYCC Bestuurderes, kontak by 072 484 4349 of by die kantoor 087 550 0510.

Op die foto's verskyn Charmaine Johnson, Michelle van der Westhuizen en Elzanet Bothes Op die tweede foto verskyn Elzanet Bothes, Michelle van der Westhuizen, Charmaine Johnson en Trudi van der Bank nadat hul kon kruideniers koop.

bottom of page