top of page

Chanté palm 9de jaarlikse titel in

GK CRONJE

16 March 2021

Chanté is onoorwonne vanaf 2013, en maak elke jaar die gemeenskap uiters trots met haar puik spel.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Chanté Boonstra, kranige gholfspeler van Ermelo, het die naweek weereens die titel ingepalm van Ermelo Dames Kampioen. Chanté, wat al van die ouderdom van 13 jaar die titels inryg, het vir die negende jaar weg gestap as kampioen. Chanté is onoorwonne vanaf 2013, en maak elke jaar die gemeenskap uiters trots met haar puik spel. Die gemeenskap, sowel as Chanté se familie, staan breëbors agter haar, en kan met trots sê dat sy nommer een is.

bottom of page