top of page

Cecilia het jou hulp nodig

SH HATTINGH

20 October

Ongelukkig is sy egter op Saterdag, 17 Oktober, deur Igagu mediese personnel na die privaat hospitaal toe gehaas. Haar suster, by wie sy aansterk, moes die wonde skoon maak, maar het opgemerk dat die wonde oornag slegter geraak het.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Cecilia Earle, ‘n jarelange inwoner van Ermelo, was op Donderdag, 8 Oktober 2020 betrokke in ‘n tref en trap ongeluk met ‘n swaar motorvoertuig. Cecilia is dadelik na die provinsiale hospitaal geneem vir behandeling. Sy is op Vrydag, 16 Oktober, ontslaan uit die hospitaal ,waar mens kon sien daar is vordering in haar wonde se genesing. Ongelukkig is sy egter op Saterdag, 17 Oktober, deur Igagu mediese personnel na die privaat hospitaal toe gehaas. Haar suster, by wie sy aansterk, moes die wonde skoon maak, maar het opgemerk dat die wonde oornag slegter geraak het. Toe sy by die hospitaal aankom, het sy flinke diens van die mediese personeel ontvang, en is in die hospitaal opgeneem.

Tydens ‘n besoek aan Cecilia op Maandag, 19 Oktober, het sy gesê sy voel goed, en dat die personeel mooi na haar omsien, net soos sy in die Tribune uitgawe van 13 Oktober gesê het van die personeel by die provinsiale hospitaal. Cecilia het haar man gedurende grendeltyd aan die dood afgestaan, waarna sy na haar seun en dogter moes omsien. Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds om te help met al die mediese onkostes nie.

Die Tribune het dit goed gedink om ‘n trust fonds te stig vir die mediese onkostes. Die gemeenskap word versoek om hul harte oop te maak, en by te dra waar hulle kan. Die trust fonds is as volg: PWG Prokureurs, Eerste Nasionale Bank, Ermelo, Takkode: 270344. Die tjek-rekeningnommer is 52180048278. Barmhartige samiritane moet asseblief E745/Earle gebruik as verwysing.

bottom of page