Carolina gemeenskap staan saam teen grusame moord
Petrus Phakamile Sitho, wat alle Suid-Afrikaners van enige ras aanmoedig om op Maandag, 7 Maart, in Carolina te wees tydens die hofsaak.
Leonora Steenkamp (63) en Renier Lens (82)
Petrus Phakamile Sitho, wat alle Suid-Afrikaners van enige ras aanmoedig om op Maandag, 7 Maart, in Carolina te wees tydens die hofsaak.
SM HATTINGH
1 March 2022
Tydens die verdagtes se eerste verskyning, het die Carolina gemeenskap reeds voor die Carolina hof gebou bymekaar gekom en ‘n optog gehou.
Leonora Steenkamp (63) en Renier Lens (82), jarelange inwoners van Carolina is op Saterdag, 19 Februarie 2022, vermoor in hul woning in Vootrekker Straat te Carolina. Die twee inwoners is vir ‘n tydjie nie gesien nie, waar daar dadelik onraad vermoed is. Carolina SAPD is op Dinsdag, 22 Februarie, om 07:10 ontbied na die huis, waar die inwoners gevind, en later deur nood personeel dood verklaar is. Die SAPD het die huis binne gegaan, waar beide deure wat nie gesluit was nie. Enkele ure nadat die inwoners in die huis gevind is, was daar reeds 2 verdagtes gearresteer.
Gedurende die loop van die week is daar nog drie verdagtes gearresteer deur verskeie Ermelo SAPD lede, naamlik Adjudant-Offisier Thomo, Sersant Maharaj, Sersant Mkoko, Konstabel Sikhonde, Sersant Nkuna en Konstabel SE Nkosi. Al vyf wat gearresteer is, is tussen die ouderdomme van 18-30 jaar oud. Daar is klagtes teen hul geopen vir dubbel moord, asook diefstal. Tydens die insident is daar ‘n vuurwapen en ‘n Toyota Carolla gesteel. Die voertuig is later gevind naby die toneel. Die verdagtes het op Donderdag, 24 Februarie 2022 hul eerste verskyning in die hof gemaak, waar die saak uitgestel is na Maandag, 7 Maart 2022.
Tydens die verdagtes se eerste verskyning, het die Carolina gemeenskap reeds voor die Carolina hof gebou bymekaar gekom en ‘n optog gehou. Petrus Phakamile Sitho, ‘n aktivis teen plaasmoorde, het mense van Suid-Afrika gevra om op Maandag in Carolina te wees vir die hofsaak, en om saam te staan teen moord. Met ‘n video opname het Petrus in sy boodskap gesê “Mense, ek gaan daar voor wees vir julle, want ek is nie bang nie. Dit is so hartseer as ek sien wat met hierdie ou mense gebeur het”. Kyk gerus na die video op ons Facebook blad, Tribune Ermelo. Mev. Steenkamp word oorleef deur haar vier kinders en tien kleinkinders.