top of page

Brief - Vrae aan Ermelo SAVF CEO

Submitted Content

31 May 2022

"Ongelukkig is Ermelo bitter klein, en weet ons wat die waarheid is wat die “bestuur span” so hard probeer toe smeer!"

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Brief - Op 24 Mei 2022 was daar n persverklaring deur Ermelo SAVF huis in die Tribune geplaas. Graag wil ek net bietjie duidelikheid oor die verklaring vra, want ‘n paar dinge maak nie baie lekker sin nie. Meneer Adriaan Raubenheimer, CEO van SAVF: Eerstens, wie by die plaaslike munisipaliteit het die inspeksie gedoen? Was dit meneer Ndomiso Mahele van gesondheid van Gert Sibande Distrik Munisipaliteit, wat ek twee maande terug gevra het om weens die 5 jaar-plus rotte plaag asseblief te gaan kyk in wat se omstandighede daar kos gemaak en gestoor word vir die ou mensies, en hy toe ‘n waarskuwing uitgereik het aan die bestuur om onmiddelik plaagbeheer te kry, na sy inspeksie? Tweedens, graag wil ek ook weet hoe het Me. Waldi Sieberhagen die pos as bestuurder gekry, behalwe dat sy vriendinne is met die area bestuurderes mev Mari Louw! Die pos is in plaaslike koerante in Ermelo geadverteer, en nie een Ermelo inwoner was eers genooi vir ‘n onderhoud nie? Me. Sieberhagen het begin waarneem direk nadat Anelize weg is as bestuurder, waar sy in Piet Retief as sielkundige ‘n pos beklee het! Steeds is die pos plaaslik geadverteer, en sy toe direk aangestel. My gevoel hier is, plaaslik moet ons borg, ons moet skenk, ons moet help, ons moet gee, maar sodra daar poste oop gaan, is ons plaaslike mense nie goed genoeg om onderhoude te kry om vir ons eie ou mensies te sorg nie.

So my vraag is, kan meneer ‘n bewys bring van al die CV’s wat plaaslik ontvang is, dat daar niemand wat voldoen het aan die pos vereistes nie, en moes ‘n persoon van buite Ermelo die pos kom beklee? Of is dit omrede nog voor die sluitings datum einde Januarie, is Me. Sieberhagen se trek reeds Desember van Wakkerstroom gehaal, en het sy reeds ‘n woonstel op die perseel gekry? Derdens, die “tenders”... Kos maak tender- Ons plaaslike tehuis het nie geld om vir die ou mense seep en room, of enige doeke aan te koop nie, en daar word op Facebook op 23 Febuarie 2022 gevra vir borge vir die ou mensies vir toilet en bad benodighede. Minder as twee maande later is die kombuis (kosmaak vir die ou mensies) op tender, wat nie in die publiek of media geadverteer is nie, direk vir Tasso’s, wat die insameling van die bad en toilet benodighede se afgee punt was, gegee? Daar is geen kos-verhitte vervoer voertuig wat ‘n skoonheids sertifikaat het nie, en die kos word agter in n gewone voertuig vanaf Tasso’s na die te huis vervoer! Daar is geen dieëtkundige wat oor die spyskaart besluit nie, hoewel ons tehuis se ou mensies verskillende kos behoeftes het! Drie weke later is die kontrak skielik gestop, omrede die unie ingetree het oor die staff wat in die kombuis van die tehuis gewerk het, se dienste beëindig sou word! Die te huis beskik oor ‘n volledige industriële kombuis, drie stoorkamers en ‘n inloop vrieskas, dag en nag personeel! Hoekom is die maak van die kos op tender gesit? Hoekom is dit nie geadverteer vir die publiek om kwotasies te gee nie?

Dieselfde publiek wat moet asb borge gee? Hoekom is daar nie net ‘n kombuis bestuurder aangestel om die personeel op te lei nie? Waarom 11-plus plaaslike mense amper hulle werk laat verloor, en ‘n industriële kombuis, ten volle toegerus, laat leeg staan en kos agter in ‘n kar laat vervoer? Hoe het Tasso’s die kontrak gekry? Skoonmaak tender - Waarom is die skoonmaak van die tehuis op tender gesit, wat ook nie geadverteer is in die plaaslike media of koerant nie? Die tehuis het skoonmakers? Waarom nie hulle beter oplei en leer hoe om skoon te maak, en een van hulle die skoonmaak bestuur maak om leiding te neem nie? Waarom het ‘n lid van die dag bestuur, twee weke voor die tender aan haar direk gegee is, deur die voorsitter gaan registreer as ‘n skoonmaak maatskapy, en is die tender direk aan haar gegee? Hoe het sy nog op die dag bestuur gebly, as dit dan teen die SAVF se konstitusie is dat vrywillige bestuur nie mag werk vir vergoeding, en en op die bestuur wees nie? Waarom moes ‘n jare lange bestuurslid, wat die skoonmaak van die tuine, mnr. Jaco Kirk, afgaan van die dag bestuur maar, nie Me Michelle van der Merwe, wat die skoonmaak kontrak direk gekry het nie? Die tender is ook weens die unie terug getrek, omrede daar personeel is wat dit tans doen, wat sonder werk sou sit! Maar weer verstaan ek nie, daar is nie geld vir die ou mense vir doeke nie, maar daar is geld om ‘n vrywillige bestuurslid direkte tenders te gee om die tehuis skoon te maak, terwyl daar jarelange skoonmakers reeds is! Die kamera sisteem se herstel en opgradeer... Weer is daar geen tender aan die publiek geadverteer nie, en volgens die voorsitter van die vrywillige dag bestuur, het die CFO van SAVF dit direk aan haar man gegee? Steeds bly Me. Gray ook op die dag bestuur as voorsitter aan! Is die reëls in die SAVF konstitusie dan nie ook van toepassing op haar nie? In die vierde plek, word daar tans gevra vir oefen fietse en gimnasium apparate, wat my verstand ter bowe gaan! Die mensies is oud... hoe en waar gaan hulle dit gebruik? Is daar ‘n biokinetikus wat die klasse gaan aanbied, want die is mense van 70 jaar en ouer, hoe op aarde wil die bestuur nou ‘n oefen/gimnasium vir hulle begin sonder die regte gekwalifiseerde person wat dit aanbied?

WIE GAAN DIT BETAAL? Die plaaslike borge? Is dit ‘n basiese behoefte? Kan daar nie twee keer ‘n week pilates’ of meer geskikte oefen programme wat nie swaar gewigte en apparate benodig vir die ou mensies gegee word nie? Vyfdens... Die kos!! Ons ou mensies kry 4 tot 5 keer ‘n week melkkos of sop, gemaak van al die oorblywende kos in die kombuis! Hoe op aarde is dit gebalanseer? Waar is die dieëtkundige wat volgens die ou mensies se behoeftes die spyskaart moet uitwerk? In die sesde plek - Die borg van vrugte! Waarom moet die ou mense vrugte, wat aan die tehuis geskenk word, koop by die tehuis se snoepie? Wat van die ou mensies wat nie dit kan bekostig nie? Kry hulle nie vrugte nie? Vrugte behoort ‘n deel te wees van die ou mensies se gebalanseerde dieët!! Dit behoort nie aan dié wat geld het, verkoop te word nie! In die sewende plek... George Kleynhans! Meneer Adriaan, die skorsing en verhoor van mnr. Kleynhans sit nie lekker met ons as borge en publiek nie! Hierdie is ‘n man wat sy hart en siel in die Ermelo tehuis gesit het! Wat op sy kniee stoorkamers geskrop het om die ou mensies teen die rotte se uriene en snert te beskerm! Wat dag in en dag uit meer gedoen en gegee het as u nuwe bestuurders! Wat ‘n vrywiliger is, en nog nooit ‘n sent of tender gekry het by die tehuis nie! Ek smeek u, kyk na sy aanklag vorm! Dis om van te lag! Ek het n plaaslike prokureur gevra om mnr. Kleynhans te gaan verteenwoordig, want ek dink dis tyd om die gereg, en mnr. Willem Petzer te betrek by Ermelo SAVF! Meneer Kleynhans het opgestaan teen die dag bestuur voorsitter, Me. Gray, en die nuwe bestuurderes, Me. Waldi, oor die direkte tenders... en hy is geskors?? Hoe op aarde word ons tehuis bestuur? Dan verder, so drie maande terug was daar n ou Altzheimers pasiënt, wat deur ‘n verpleegster geslaan is met ‘n leë 2 liter bottel, omrede die pasiënt haar gestamp het. Daar is geen stappe teen die personeel lid geneem nie, en die hele storie is onder die mat ingevee, hoewel daar video material van die voorval was! Hoe veilig is ons ou mense in die tehuis??

Waarom het Me. Gray en Me Sieberhagen nie die plaaslike SAPS se veiligheids eenheid in kennis gestel nie? Laastens... Me. Louw bedank Me. Sieberhagen vir haar veranderinge en opgraderings? Vandat die dame daar begin het, het sy nog nie ‘n sent van haar eie geld gebruik vir enige iets by die tehuis nie! Inteendeel het Me. S Kirk 90% van alles gereël! Waar is haar bedanking? Waar is ons borge se dankie? Vandat Me. Sieberhagen en Me. Gray aan die stuur is, is ons tehuis en bestuur swakker as ooit! Van kos tot onwettige tenders uitgee gaan familie en vriende! Maar volgens die munisipale inspeksie gaan dit baie goed daar, ‘n inspeksie waarvan niemand by ons plaaslike munisipaliteit eers weet van nie! Meneer Adriaan Raubenheimer, CEO van SAVF, in plaas van ‘n self-opgemaakte persverklaring wat baie duidelik deur die drie dames self geskryf, en nie ons plaaslike stadsraad nie, want net hulle drie word eer gegee en bedank in die verklaring, vra ons asseblief om ‘n publieke vergadering met u te hê, in persoon! Nie die area-, dag- of vrywilligers hoof nie. Ons wil u in persoon sien! Ons wat borg, is glad nie gelukkig met die stand van sake by Ermelo SAVF ouetehuis nie! Ons wil bitter graag met u, en die media, om ‘n tafel sit, en antwoorde hê! Ons wil weet of daar aandag gegee, en stappe geneem gaan word?

Hierdie is ons ou mense, Ons oupas en oumas! Ons ooms en tannies... nie Waldi, Judy of Mari sin nie! Nie een van hulle drie het ‘n familie lid in ons ouetehuis nie! Dalk is dit waarom alles so goed gaan volgens hulle! As die sak vol is, is die mond mos stil! Daar is nog bitter baie vrae wat ons het oor gebeure wat plaasvind in daai gebou! Soos ek reeds ook gesê het, dis dalk tyd om ‘n behoorlike ondersoek te loods, want die area bestuur is volgens die persverklaring baie gelukkig oor die tehuis bestuur, en hoe ons ou mense behandel word! Inteendeel praat sy met “lof” oor die tehuis en die bestuur daarvan? Die persverklaring sit nie lekker met ons as gemeenskap nie! Ongelukkig is Ermelo bitter klein, en weet ons wat die waarheid is wat die “bestuur span” so hard probeer toe smeer! -

- Groete, ‘n baie bekommerde borg, wat se beursie nou toe is vir SAVF Ermelo

bottom of page