top of page

Brackenfell Boys maak hulle harte oop

SH HATTINGH

16 February 2021

Die doel agter die pret was om alles wat hulle insamel vir die kinderhuis te skenk.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Brackenfell Boys, naamlik Pieter Pretorius, John Whatley, Ruan Prinsloo en LC Macfarlene, het begin met eenvoudige en snaakse uitdagings op hulle sosiale bladyse, insluitend Instagram. Die vier manne het op Saterdag, 13 Januarie, by die Game verkeerslig gestaan en geld ingesamel. Elkeen van hulle moes hul eie inisiatief uitdink om geld in te samel. Hulle het vanaf 10:00 tot 11:00 die gemeenskap vermaak, en het ‘n volle R5200 ingesamel.

Die doel agter die pret was om alles wat hulle insamel vir die kinderhuis te skenk. “Die Brackenfell Boys wil vir elke persoon wat ‘n bydrae gemaak het dankie sê, ons wardeer dit opreg uit ons harte uit.” Op die foto verskyn die trotse Brackenfell Boys wat die gemeenskap vermaak het om geld in te samel vir die kinderhuis. Op die foto staan (v.l.n.r) Ruan Prinsloo, Pieter Pretorius, LC Macfarlene en John Whatley.

bottom of page