top of page

Andrea en Flip groet Ermelo

SH HATTINGH

10 November 2020

Tydens ‘n onderhoud met die Tribune het Andrea gesê “Ons gaan almal se gesiggies baie mis, en al die vriendlikheid van die Ermelo gemeenskap maar ons sal al die oomblike vir altyd koester”.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Andrea en Flip Raaths, eienaars van Blomme vir Almal, sluit hulle deure na 17 jaar van besigheid. Die egpaar het dit beter gedink om nader aan hulle kinders te trek, en ‘n lekker rustige lewe op hul oudag te kan hê. Hulle het vir 17 jaar Blomme vir Almal gehad te Kerk Straat 12. Dit is met hartseer dat hulle Ermelo verlaat na soveel jare.

Hulle wil graag van die geleentheid gebruik maak om die Ermelo gemeenskap te bedank vir 17 jaar se getroue en lojale ondersteuning. Tydens ‘n onderhoud met die Tribune het Andrea gesê “Ons gaan almal se gesiggies baie mis, en al die vriendlikheid van die Ermelo gemeenskap maar ons sal al die oomblike vir altyd koester”. Die Tribune wil graag vir die Raath egpaar net seën toewens vir hulle pad vorentoe.

bottom of page