top of page

AfriForum-teenboelieveldtogspan besoek skole in Ermelo

GK CRONJE

22 February 2022

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die burgerregteorganisasie AfriForum se teenboelieveldtogspan het op 16 Februarie by Ermelo English Primary School, Hoërskool Ligbron en Laerskool JJ van der Merwe in Ermelo besoek afgelê. Dié veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole. “Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. Veilige skole sorg ook vir ’n veilige gemeenskap, nie net nou nie, maar ook in die toekoms. Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om as leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind. Kinders word ook geleer om te kan onderskei tussen afknouery en konflik. Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig. Die hoërskool leerders is ook meer ingelig oor die gevare rondom kuberafknouery,” sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“AfriForum het waardevolle inligting oor boeliegedrag aan die Liggies oorgedra. Boeliegedrag is ongelukkig ’n realiteit en die Liggies het wenke van onskatbare waarde ontvang wat hulle bemagtig om teen boelies op te staan,” sê Saretha Ferns, jeugwerker by die Hoërskool Ligbron. “Die bewusmaking van afknouery is van kardinale belang, aangesien die leerlinge weens sosiale media meer daaraan blootgestel word. Leerlinge moet leer hoe om dit te hanteer en sonder die nodige bewusmaking weet hulle nie altyd hoe om korrek op te tree in boeliesituasies nie,” sê Erika Bester, onderwyseres by die Laerskool JJ van der Merwe.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelieveldtog besoek gerus www.teenboelie.co.za.

bottom of page