top of page

AfriForum rig dak op by Laerskool JJ

GK CRONJE

2 March 2021

Die tak het gehelp met die tweede fase van die projek, deur ’n dak op te rig bo-oor die plaveisel wat verlede maand vir die buiteklaskamer gelê is.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die AfriForum-tak in Ermelo het in Februarie voortgegaan met sy projek by die Pre-Primêre Skool JJ van der Merwe, waar ’n buiteklaskamer vir die kleuters gebou word. Die tak het gehelp met die tweede fase van die projek, deur ’n dak op te rig bo-oor die plaveisel wat verlede maand vir die buiteklaskamer gelê is. Die buiteklaskamer is vir die kleuters ’n groot aanwins omdat verjaarsdae en aktiwiteite daar gehou kan word. Die Ermelo-tak se betrokkenheid by projekte soos hierdie skep hoop in die gemeenskap. “Wat ’n groot voorreg is dit nie vir ons om die tweede fase van die projek af te handel met die wete dat die klaskamer nou gereed is vir die kinders om te gebruik nie. Dankie aan almal wat dit vir ons moontlik gemaak het,” sluit Renier van Heerden, voorsitter van die Ermelo-tak, af. Op die foto verskyk Heinrich Jansen van Rensburg, Bronwen Pretorius, Marius Nel, Renier van Heerden en Frikkie du Plessis.

bottom of page