Tomahawks trap Marble Hall Leopards vas met harde rugby

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/5

GK CRONJE

5 October 2021

“Die manne het implimenteer wat ons gedoen het tydens oefening, en die spelers het uitgeblink op hierdie reënerige dag. Baie dankie vir elkeen se puik spel!”

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Saterdag, 2 Oktober, het die Ermelo Tomahawks te staan gekom teen die Marble Hall Leopards in ‘n vriendskaplike wedstryd. Ten spyte van goor weer, het toeskouers hul gate uit geniet en die spanne ondersteun met lof. Die wedstryd was hard, met spelers aan beide kante wat hul beste spel gelewer het. Groot manne is van beide spanne is spoedig platgetrek deur opponente, en die ratse spelers het die ketels oopgemaak en laat wiel sodra hul ‘n opening gesien het. Na afloop van die wedstryd, klop die Ermelo Tomahawks die Marble Hall Leopards 54-24.

Bennette Burger het laat hoor dat hy heel tevrede is met sy span se kwaliteit spel en taktiek. “Die manne het implimenteer wat ons gedoen het tydens oefening, en die spelers het uitgeblink op hierdie reënerige dag. Baie dankie vir elkeen se puik spel!”