Thea-Rita spreek dank uit teenoor die gemeenskap

press to zoom

press to zoom
1/1

SM HATTINGH

19 October 2021

Die kopers van die bok, het weer die bok terug oorhandig aan die Tribune ePaper, waar dit goed gedink is om die bok aan die CMR Lighthouse te skenk.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Saterdag, 16 Oktober, was daar ‘n fondsinsameling aangebied by Hein se Plaas, ten bate van Thea-Rita Botha (21), wat binnekort ‘n nieroorplanting moet ondergaan. Die gemeenskap was vermaak deur die bekende Pieter Naudé, asook Ermelo se eie bekende sangeres, Yolandie Terblanche. Daar was gesellig gekuier, en gedans dat die stof staan. Heerlike slaaie was voorgesit, asook twee verskillende soorte potjie kos. Tydens die funksie was ‘n blesbok opgeveil, waarna die bok weer terug gegee, is en weer opgeveil is. Daar was ook heerlike wyn wat opgeveil is.

Met die veiling is daar ‘n enorme bedrag ingesamel. Die kopers van die bok, het weer die bok terug oorhandig aan die Tribune ePaper, waar dit goed gedink is om die bok aan die CMR Lighthouse te skenk. Elmarie Nel, Thea-Rita se ma wil graag van die geleentheid gebruik maak om die volgende mense te bedank vir hul enorme bydrae: “Hein se Plaas, Midtest, Tribune ePaper, PanSolutions, Pick n Pay, Midway 2, SPAR Orient Apteek, die skenker van die blesbok wat graag anoniem wil bly, die Hoëvelder, AJO2 Water, Marinus Snyman, wat die afslaeër was, en dan vir Yolandie Terblanche, asook Pieter Naudé, vir die vermaak. Laastens, maar nie die minste nie, al die lede van die gemeenskap wat die aand bygewoon het, en aan elke donateur wat ‘n bydrae gelewer het, ons as gesin waardeer dit opreg.”

Daar is tans steeds ‘n trust rekening by Pas Prokureurs. Persone wat ‘n bydrae wil maak, is welkom om die fondse in die trust rekening in te betaal. Pieter Stofberg Ingelyf Trust, Trustrekening FNB, Tak kode: 270 344, Rekening nommer: 620 921 503 26, Verwysing: BOT235/1.