TLU bied 2021 Jongboer-konferensie aan

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/4

GK CRONJE

11 May 2021

Danie Bester, Jongboer van die Jaar 2020, het ‘n informatiewe toespraak gelewer aan ander jong boere, en sy kennis gedeel met die boere gemeenskap.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die TLU-SA het op Vrydag, 7 Mei 2021, hul 2021 Jongboer Konferensie aangebied, waar talle besprekings plaasgevind het oor die toestand van die landbousektor in die land. As gevolg van die pandemie, kon slegs ‘n beperkte aantal boere en besoekers die konferensie te Pretoria bywoon. Die TLU het egter ‘n Zoom-skakel beskikbaar gestel vir diegene wat virtueel wou deel wees van die konferensie. Die konferesnie, gelei deur Henna du Plessis, Jongboer Komitee Voorsitter, en Henry Geldenhuys, TLU SA President, was gestaaf as ‘n groot sukses.

Danie Bester, Jongboer van die Jaar 2020, het ‘n informatiewe toespraak gelewer aan ander jong boere, en sy kennis gedeel met die boere gemeenskap. Hou die volgende publikasie dop vir ‘n volledige verklaring deur die TLU rakende die konferensie.