Milky Lane bederf Medi-Kliniek personeel

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/2

SM HATTINGH

17 August 2021

Daar was heerlike lofprysing gedoen in die gange waar pasiënte, personeel sowel as afgesonderde COVID pasiënte, die musiek kon hoor.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Sondag, 15 Augustus, het Milky Lane die personeel, asook die COVID pasiënte elk bederf met ‘n melkskommel, pakkie lekkers, en ook ‘n inspireerende boodskap. Daar was heerlike lofprysing gedoen in die gange waar pasiënte, personeel sowel as afgesonderde COVID pasiënte, die musiek kon hoor. Pastoor Zet van die AGS kerk het geopen deur skriflesing en gebed. Jesus Laaik Jou was ook teenwoordig, waar hulle die klank behartig het, en seker gemaak het dat almal in die hospitaal die musiek kon hoor. Die organiseerder van die projek, Sonja Kirk, wil graag vir Muhammed Bhyat van Milky Lane Ermelo bedank vir die skenking, asook vir Medi Kliniek se personeel vir die tyd wat hul kon gebruik om lofprysing te doen. Laastens, maar nie die minste nie, groot dank aan Pastoor Zet en al die lede van Jesus Laaik Jou.