Georgie verruil sy valhelm en herenig saam sy Dedda

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/2

SM HATTINGH

11 May 2021

Georgie laat sy ma, Priscilla, Alycia en Kaytlin, Japie, sy oudste broer, en sy gesin, Anel, Franco, Leander, Janel, Willie, middel broer en sy gesin, Angie, Damian, Jayden, agter.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Georgie De La Rosa (32), gebore op 16 Oktober 1988, is op Saterdag, 8 Mei 2021 skielik in ‘n frats motorfiets ongeluk oorlede. George was ‘n welbekende onder die motorfiets ryers. Hy het gematrikuleer by Ligbron Akademie vir Tegnologie, en is daarna Secunda toe waar hy daar begin werk het. Georgie het van vroeg in sy lewe begin met die motorfiets wedrenne waar sy ma, Priscilla, pa, wyle Flip, asook sy hele familie hom altyd ondersteun het tydens sy wedrenne. Georgie het gelewe vir sy vriende, familie en natuurlik vir sy pragtige dogtertjie Kaytlin (8). Hy het ook onlangs vir Kaytlin ‘n motorfiets gekoop, waarna sy ook in haar pappa se voetspore gevolg het en ook begin het om wedrenne te ry. Hy was altyd langs die baan, en het lank voor die tyd altyd seker gemaak dat alles op haar motorfiets reg is, en dat sy altyd goed voorberei is vir haar wedren.

Wanneer mens vir Georgie gesien het, in die dorp, by die huis of op die baan, daar was altyd ‘n glimlag op sy gesig, en hy het altyd tyd gemaak vir ‘n ou grappie. Hy het altyd seker gemaak al die mense om hom voel altyd geliefd. Tydens ‘n telefoniese onderhoud met sy ma, Priscilla, het sy aan die Tribune gesê, sy laaste woorde aan sy dogter op Saterdag voor hy begin het met sy wedren was, “Bye, Kaytlin” en dis die woorde wat sy vir altyd sal koester en aan sal vas hou.

“George se skielike heengaan is vir ons as familie ‘n baie groot skok. Toe ons die nuus van die ongeluk gekry het, was dit die laaste ding wat ons verwag het, alhoewel ons geweet het dat dit die keer baie ernstig was. Dis ‘n baie hoë risiko sport, en ons was maar altyd bekommerd oor George gedurende die wedrenne. Van hospitaal beddens en operasies kon hy boeke skryf, en was al baie ernstig beseer. Sy passie vir motorfietse was “next level”, en hy het uit en uit daarvoor gelewe. Die feit dat hy dit met sy dogtertjie, Kaytlin, kon doen, het sy liefde vir motorfietse net soveel sterker gemaak. George ons harte is baie seer, maar weet jy is op ‘n beter plek en dat jy nou by “Dedda” is. Ons gaan jou baie mis. Rug sag... Tot ons eendag weer ontmoet.” Georgie laat sy ma, Priscilla, Alycia en Kaytlin, Japie, sy oudste broer, en sy gesin, Anel, Franco, Leander, Janel, Willie, middel broer en sy gesin, Angie, Damian, Jayden, agter.