Ermelo stoeiers gemaak van staal

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/3

GK CRON JE

19 October 2021

Die Ermelo Mpumalanga stoeispan het hul staal gewys, en die gemeenskap trots gemaak met puik prestasies tydens die SA’s.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Ermelo Mpumalanga stoeispan het hul staal gewys, en die gemeenskap trots gemaak met puik prestasies tydens die SA’s. Woldermar Winkler en Lohan van Niekerk, beide o/9, AJ van Niekerk (o/11), Carlo van Staden en WP Human (beide o/13) en Teghan Breytenbach (o/15) het puik presteer, en bewys dat harde werk en dedikasie sappige vrugte werp.

Woldermar het brons verower in die Presidente afdeling onder 42KG. AJ het silwer huistoe geneem in die o/11 vrystyl onder 55KG, WP palm brons in vir die o/13 vrystyl onder 57KG, asook 5de plasing in die Presidente afdeling. Laastens, maar nie die minste nie, het Teghan die stoeiers ore aangesit in die o/15 Griek Romyns onder 68KG met brons, en neem ook 4de plek in met die vrystyl afdeling. Die Ermelo Stoeiklub nooi graag alle belangstellendes om navraag te doen en betrokke te raak by dié sport. Alle ouderdomsgroepe is welkom om aan te sluit.