Ermelo Vryburgers trakteer SAVF bejaardes tydens Tamaai Braai

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/16

GK CRONJE

13 April 2021

Die Ermelo Vryburgers het besluit om hierdie jaar in Ermelo, Bethal en Carletonville hul gesogte braai- en potjiekos vaardighede op skou gesit, en oor 100 mense by die SAVF tehuis het dit op die dag vreeslik geniet. “Ons het hierdie jaar ‘n skaap- en hoender potjie voorberei.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Die Vryburgers Ermelo het op Saterdag hul staal gewys tydens die Tamaai Braai, wat jaarliks landswyd plaasvind. Verlede jaar se Tamaai Braai kon nie plaasvind nie as gevolg van die pandemie, maar die manne van die Vryburgers het hierdie jaar weer gesorg dat die ou mensies hul gate uit geniet. Die dekor was pragtig, en die atmosfeer vol kameraadskap en opgewondenheid. Die Suid Afrikaanse Vryburgers braai vir ongeveer 2 500 mense regoor die land.

Die Ermelo Vryburgers het besluit om hierdie jaar in Ermelo, Bethal en Carletonville hul gesogte braai- en potjiekos vaardighede op skou gesit, en oor 100 mense by die SAVF tehuis het dit op die dag vreeslik geniet. “Ons het hierdie jaar ‘n skaap- en hoender potjie voorberei. Net die feit dat dit bietjie ander kos as die gewone is, en om die dag saam buite te geniet maak die dag soveel beter. Ons bedank graag die SAVF personeel en George Kleinhans vir hul samewerking, bydrae en insette, sowel as elke lid van die Vryburgers wat betrokke was by die projek.”

Op die foto verskyn Johan Jacobs, Johan van Jaarsveld, Janneman Robberts, Tollie du Plessis, Gerhardt Breedt, Billa van Wyk, George Kleinhans, Annalize Maré, Mientie Goslin en Nondumiso Manana.