ER24 spoedig op toneel na vrou hand verloor

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/2

SM HATTINGH

5 July 2022

Die helikopter het omstreeks 15:00 by Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyveld geland.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Saterdag, 2 Julie 2022, het ER24 hul gehaas na ‘n saagmeule in Chrissiesmeer. Met hul aankoms, het hul dadelik mediese behandeling toegepas op ‘n vrou wat per ongeluk haar hand afgesny het. ER24 het dadelik Rocket Air Ambulance geskakel om die pasiënt te kom haal in Ermelo, en oor te plaas vir mediese behandeling.

Die helikopter het omstreeks 15:00 by Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyveld geland, waar die pasiënt oorgeplaas was na Netcare Alberton hospitaal toe. Nog geen verdere inligting is beskikbaar oor die pasiënt nie.

Op die foto verskyn ER24 personeel, Hannes en Vusi, saam met Rocket Air Ambulance, waar die pasiënt oorgeplaas was na Netcare Alberton hospitaal.