EHS Groentjieskonsert sorg vir groot opwinding

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/11

SM HATTINGH

23 March 2022

“Baie geluk aan elke leerder wat ‘n deel gehad het aan sy/haar huis se Groentjieskonsert."

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Hoërskool Ermelo se jaarlikse Groentjieskonsert is ‘n eeu-oue tradisie wat jaar-na-jaar sorg vir groot opwinding, strawwe kompetisie en komiese vermaak. Die jaar 2022 se konsert was geen uitsondering nie. Die dag het oudergewoonte begin met die Graad 11-dirigente se aankoms. Nelstehuis se “FBI”-tema het die oggend afgeskop, gevolg deur die manne van Huis Veltman met hul “Money Heist”-tema. Dit was egter die Dorpies wat monde laat oophang het en die verbeelding aangegryp het met hul “Steampunk”-tema. Die leerders het daarna die geleentheid gehad om vir die eerste keer in drie jaar ‘n optog te hou, en hul gees deur die strate van Ermelo ten toon te stel. The climax of any Groentjies Day is the concert. The Grade 12 learners of each one of the Houses (Dorpshuis, Huis Veltman & Nelsthuis) had eight days to write an original story, build decor, design costumes and direct their Grade 8's into a unique concert. Each year the houses receive different themes.

This year’s characters were based on the animation, Toy Story (Woody, Buzz Lightyear and Slinky Dog). The Errie value themes for the year were hard work and Errie heart. Each concert should also include a news bulletin and an advertisement. The instructions given to learners included that this year’s advertisement should link with 2022’s Grade 8 theme - From Seed-to-Sapling. Elke huis het hul uitstekend van hul taak gekwyt, en ‘n konsert van hoogstaande gehalte op die planke gebring. Die uitslae was as volg: Beste Dirigente - Dorpshuis, Beste Hulpdirigente - Nelstehuis, Beste Huisdans - Nelstehuis, Beste Tema-uitbeelding - Nelstehuis, Beste Advertensie - Huis Veltman, Beste Kostuums - Nelstehuis, Beste Dekor - Huis Veltman, Beste Groentjiesdans - Nelstehuis, Beste Humor in Storie - Huis Veltman, Beste Nuusberig - Nelstehuis, Beste Storieverteller - Joshua du Toit (Huis Veltman), Beste Akteur - Ruan Ludwig (Huis Veltman), Beste Aktrise - An-Euné van Niekerk (Nelstehuis), Beste gebruik van Verrassings-element - Huis Veltman, Meriete Toekenning - Clarissa Nel & Elané Nel (Dorpshuis), Beste Konsert - Huis Veltman en die Algehele Wenners - Huis Veltman.

“Baie geluk aan elke leerder wat ‘n deel gehad het aan sy/haar huis se Groentjieskonsert. Die Erries het hierdie jaar weereens getoon dat alles wat hul doen, eenvoudig wêreldklas is.” Sien meer foto’s op ons Facebook blad, Tribune Ermelo.