Chris Else besoek Ermelo
SH HATTINGH
17 November 2020
Yolandie Terblanche, ‘n wel bekende in Ermelo, het die voorreg gehad om saam met Chris te sing. Die gemeenskap het die aand terdeë geniet.
Chris Else het op Vrydag, 13 November, die gemeenskap kom vermaak met sy pragstem. Die funksie het plaasgevind by Holbank River Lodge, waar die mense heerlik saam gekuier het en gedans het tot laat, terwyl Chris die gemeenskap vermaak het met liedjies soos The Gambler en Amanda. Yolandie Terblanche, ‘n wel bekende in Ermelo, het die voorreg gehad om saam met Chris te sing. Die gemeenskap het die aand terdeë geniet.
< Previous Article
Next Article >