top of page

'n Seder het geval

SH HATTINGH

2 February 2021

Mr Roodt had the honor to be the first principal of NPSS before his retirement.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Dit is met groot leedwese dat Ligbron van mnr Herman Roodt se afsterwe kennis neem.
Mnr. Roodt en sy vrou, Anita, was vir jare 'n integrale deel van die Liggies en ook die Ermelo gemeenskap. Mnr Roodt het as personeellid en adjunkhoof diep spore in Ligbron getrap, en dié egpaar se uitstaande "musicals" was alombekend. Mnr Roodt se skerp humorsin, en sy besondere bemoeienis met personeel en leerders se probleme sal die Liggies altyd bybly.

Mr Roodt was promoted, and had the honor to be the first principal of NPSS before his retirement. Ligbron wishes to convey their heartfelt condolences to his children and loved ones. “Thinking of you, and wishing you moments of peace and comfort as you remember a father and friend who was so close to you.” Op verskeie sosiale media bladsye is daar boodskappe gelos, hier is ‘n boodskap wat uit die diepte van die skrywer se hart geskryf is, “n Legende is hemel toe vandag - Dankie is so klein woord as dit kom by die man. Iets in my weet hoe skaterlag hy en juffrou, en al die ander vandag daar bo. Om onder hom as hoof te werk was niks minder as uitdagend op die beste manier nie. Niks minder verwag op my eerste dag by die werk as om in ‘n personeelkamer in te stap en reg langs die hoof te moes gaan sit, en van daar al uitgehaal te word oor goed wat hy kon onthou van ‘n sang naweek van jare terug waar hy my leer sing het. Hy was die koning van siel uittrek, en het hy jou gereeld op jou tone gehou, want iewers tussen al die grappies en uithaal moes jy raai wanneer hy wel ernstig was by die werk, en dan nogsteeds was daar altyd tyd vir n storie en grappie of drie. Ek kan getuig van sy wysheid oor God, en dat hy God geken het en dat hy dit oorgedra het op elke geleentheid wat hy kon. Sy hart was 100% vir die skool se kinders, en dit was ‘n eer om deel te kon wees van mnr se droom met NPSS, en dat ek so baie kon leer van onderwys en die lewe sommer as geheel, deur wie en wat mnr was. Hier is baie seer harte vandag met die nuus, maar ek weet dat talle nes ek miljoene staaltjies het vandag om aan terug te dink saam Mnr, rus sag, saam tannie A... Ons sien julle eendag weer. Leclough Roodt en familie, hoe blessed was julle met die twee legendes as ouers, vriende en voorbeeld. Ons bid vir julle en dra saam julle aan die seer vandag.”.

bottom of page