top of page

“Mamma, jy los ‘n groot leemte”

SM HATTINGH

29 June 2021

Graag wil ons dankie sê vir Dr. van der Poel, Dr. Olivier, Life Care Response en Avbob vir hul hulp en bystand.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Anna-Marie du Plessis, (63) gebore op 14 Mei 1958, is Donderdag, 24 Junie 2021, skielik oorlede as gevolg van komplikasies met COVID-19. Anna-Marie het saam met haar man, Sakkie du Plessis, na Ermelo verhuis in 1987, waar sy werksaam was by Louis Botha Makelaars. Daarna het sy begin as administrasie klerk by Gert Sibande Kollege, en was tot 2017 daar werksaam. Sy het ‘n baie groot vriende kring gehad in Ermelo, wat mekaar altyd bygestaan het deur dik en dun. Haar gesin gee graag die volgende hulde blyk:

“Liewe Mamma, daar is nie woorde om ‘n ma te beskryf soos jy. Mamma was altyd daar vir ons deur dik en dun. Mamma het ons bygestaan, en was altyd bereid om te help. Mamma het altyd oorvloei met liefde. Rus nou sag by Jesus se voete, mamma. Gee vir Pa en sus ‘n drukkie van ons af. Ons sê nie totsiens nie, maar tot ons mekaar weer sien. Lief vir Mamma.”

Graag wil ons dankie sê vir Dr. van der Poel, Dr. Olivier, Life Care Response en Avbob vir hul hulp en bystand. Anna-Marie word oorleef deur haar twee seuns, Frikkie en Hendrik, skoondogter, Corné, kleindogter Zanlie, en haar skoonseun Corrie, en kleinseun Corrie Jnr.

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page