‘n Legende lê sy voorskoot neer
Wyle André van Staden.
Wyle André van Staden.
SH HATTINGH
2 Junie 2020
André wat baie lief was vir kos maak, saam met sy vriende te kuier en ook nuwe mense te ontmoet, gaan baie gemis word in die gemeenskap. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad, en het gereed gestaan om vinnig ietsie te drink, en om ‘n geselsie aan te knoop.
André van Staden, ‘n baie bekende in Ermelo, is onlangs skielik oorlede. André wat baie lief was vir kos maak, saam met sy vriende te kuier en ook nuwe mense te ontmoet, gaan baie gemis word in die gemeenskap. Hy het altyd ‘n glimlag op sy gesig gehad, en het gereed gestaan om vinnig ietsie te drink, en om ‘n geselsie aan te knoop.
Hy het gelewe om vir mense kos te maak, en hy het seker gemaak dat hy altyd iets nuuts probeer. André gaan baie gemis word in die gemeenskap, en laat ‘n reuse leemte. Hy word oorleef deur sy moeder, Kyle, sy personeel by Makou, asook al sy vriende en vriendinne van die gemeenskap. “Rus sag André, ons mis jou reeds baie.”