top of page

#SwartMaandag

GK CRONJE

27 October 2020

‘n Hartroerende toespraak vanaf die TLU SA president, Henry Geldenhuys, het die verskeie moorde in Ermelo en die omgewing beklemtoon, en alle delnemende inwoners bedank vir hul teenwoordigheid.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Inwoners het op Sondag, 25 Oktober 2020, aan ‘n georganiseerde konvooi teen misdaad, plaasaanvalle en moord deelgeneem. Plaaslike inwoners het met ‘n stadige rit deur Ermelo betoog om die voortdurende wrede aanvalle op boerderygemeenskappe uit te lig. Hierdie vreedsame stadige rit het deel uitgemaak van die Nasionale Swart Maandag-protesaksie, waar die visie is om die kalklig op die misdaadsyfer van Suid Afrika te konsentreer. Die byeenkoms, met verskeie sprekers, het die hartsnare geroer, en inspirasie gegee om samewerking met die SAPS te versterk.

‘n Hartroerende toespraak vanaf die TLU SA president, Henry Geldenhuys, het die verskeie moorde in Ermelo en die omgewing beklemtoon, en alle delnemende inwoners bedank vir hul teenwoordigheid. Hy het egter die feit betreur dat minder plaaslike inwoners deel was van die Swart Maandag protesaksie as wat verwag was. Op nasionale vlakke is druk ook op die presidensie geplaas om aksie te neem teen misdaad en moord in Suid Afrika.

“Ons is vandag hier . “Ons is vandag hier #ForTheLoveOfA Agriculture, en #ForTheLoveOfFarmers. Ons is vandag hier in solidariteit met ons boere, plaaswerkers - swart en wit, hul kinders en hul gesinne. Boere en plaaswerkers leef in vrees in Suid-Afrika. Ons is vandag hier by die parlement omdat die president en LP's ontken dat boere en plaaswerkers aangeval en vermoor word. Meneer die president, word wakker en ruik die bloed van boere regoor Suid-Afrika. Meneer die president, ons harte bloei vir ons boere regoor Suid-Afrika. Meneer die president, ek was al op die toneel van plaasaanvalle. Meneer die president, dit is nie net aanvalle nie, dit is die wreedheid van hierdie misdade. Meneer die president, hierdie boere is eerlike, hardwerkende mans en vroue, en al wat hulle vra, is STOP plaasmoorde.” het Dr. Ivan Meyer, die Demokratiese Alliansie se federale voorsitter, aan die parlement gesê.

COPYRIGHT 2021 | ALL RIGHTS RESERVED

bottom of page