top of page

VF Plus vereis antwoorde vanaf GMM

GK CRONJE

2 Junie 2020

Daar vind tot ses onderbrekings per dag in Bethal plaas. Tydens 'n aanlyn-portefeuljekomiteevergadering oor die aangeleentheid, het verteenwoordigers van Eskom gesê dat hulle weens uitstaande skuld van R1.7 miljard van Govan Mbeki Munisipaliteit, nie bereid is om die uitset van die substasie te verhoog nie.

Persverklaring - Dit het onder die aandag van die VF Plus gekom dat die gereelde beurtkrag wat in Bethal plaasvind, die gevolg is van ‘n substasie wat nie die aanvraag na Bethal sowel as Emzinoni, 'n aangrensende dorp langs Bethal, kan voorsien nie. Daar vind tot ses onderbrekings per dag plaas. Tydens 'n aanlyn-portefeuljekomiteevergadering oor die aangeleentheid, het verteenwoordigers van Eskom gesê dat hulle weens uitstaande skuld van R1.7 miljard van Govan Mbeki Munisipaliteit, nie bereid is om die uitset van die substasie te verhoog nie.

Die situasie is onaanvaarbaar, en die munisipaliteit se optrede is ʼn belediging vir die inwoners van Bethal wat wel gereeld hul rekenings betaal, maar wat nou weens die wanbetaling van ander en van die munisipaliteit moet boet. Die ANC moet aanvaar dat daar 'n probleem in Bethal is, en moet dringend optree teen onwettige aansluitings en wanbetalers. Agterstallige skuld moet ingevorder word, en vrugtelose en verkwistende uitgawes van openbare fondse moet stopgesit word. Die VF Plus dring aan op antwoorde van die munisipaliteit, en van die departement oor die aangeleentheid. Wetsgehoorsame betalers kan nie gestraf word weens die onbevoegdheid van die munisipaliteit en die wanbetaling van ander nie.

bottom of page