top of page

Hiert! 'n Vrot kol in Camden Laan

GK CRONJE

16 March 2022

Klagtes gerig aan Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit val doodluiters op dowe ore.

Verskeie klagtes vanaf inwoners in Camden Laan is opgemerk, rakende die haglike toestand van die pad waar rou riool al vir etlike maande opdam. Volgens nabye inwoners, het konstruksievoertuie na bewering die rioolstelsel to erg beskadig dat die kant van die pad inmekaar gesak het, en die middel gedeelte totaal en al vertap is. Volgens bewering is die asbespyp in die area totaal en al verbrokkel, en sodoende borrel rou riool al vir maande vanuit die oppervlak van die verbruiselde pad, sowel as die omliggende sypaadjies. Klagtes gerig aan Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit val doodluiters op dowe ore. Die gesondheidsgevaar wat hierdie dam rou riool inhou is geen grap nie, en motoriste moet daagliks die walglike modderspul aandurf om by hul huise te kom. Voetgangers se enigste keuse is om deur die elle lange gras van die nabye veldjie te loop, of om ‘n ander roete te vind.

bottom of page